Afrikaanse Eisteddfod:
Laerskool Gansbaai het op Vrydag, 5 September 2014 deelgeneem aan die Afrikaanse Spraak en Drama Eisteddfod in Hermanus vir Graad 4 – 7. Ons leerders het goed presteer en het die volgende sertifikate verwerf:
6 Cum Laude, 14 Goud en 6 Silwer. Baie dankie aan al die onderwysers en ouers vir die afrigting van ons leerders. Ons is baie trots op hulle – baie geluk met die prestasies! Dankie ook aan al die ouers vir die vervoer en ondersteuning van ons leerders in Hermanus.
Beeldende Kuns Eisteddfod:
Op 29 Augustus 2014 het ons leerders ook deelgeneem aan die Beeldende Kuns Afdeling van die Eisteddfod in Kleinmond. Hierdie jaar het die beoordeling ietwat anders gewerk en leerders moes binne ‘n sekere tyd ‘n kunswerk voltooi. Ons leerders het hulle baie goed van hul taak gekwyt en die volgende sertifikate is verwerf: 2 Cum Laude, 7 Goud en 11 Silwer.
Baie dankie weer eens aan al die ouers vir die vervoer van leerders na Kleinmond en die ondersteuning daar. ‘n Spesiale dankie aan juf Alana Louw wat sommige leerders met die skoolbussie vervoer het.