So vang hulle die vis

So vang hulle die vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is hengelaars en hengelaars en daar is vissermanne en vissermanne. Vir die ingeligte is dit geen nuus dat jy verskillende grade van hierdie manne kry nie. Kom ons delf ‘n bietjie daarin waarom dit so is. Ek sou sê daar is twee maar  ook ‘n derde groepering en dit is die manne wat nie heeltemal die topgraad haal nie, maar tog geseënd is met wat ons as “geluk” bestempel.

Kom ons neem eers die gewone hengelaar, en dit is die man wat kategorie een uitmaak. Dis nou die man (of vrou) wat homself as bedrewe beskou en vakansie na vakansie sorg dat hy by die see is. (Vir eers los ons die persoon wat so nou en dan gaan hengel, anders het ons nog ‘n kategorie!) Hy is nou wel nie onkundig nie en is nogal verbasend ingelig oor wat wanneer byt en waar hy heen moet gaan. En op een of ander van sy jaarlikse vakansies vang hy nogal heelwat vis waarmee hy kan spog.  Die ouens met die geluk (graad 1+) val ook hier in en dis hulle wat ‘n galjoen op visaas sal vang!

Vir die oomblik gaan ons oor na ons volgende groep en dit is nou die manne wie se plek jy graag sal wil beklee  --  groep 2. Selfs hierdie klompie bestaan uit, eerstens, die jonger manne  - dis nou die ouens wat nog kán wurm pomp, die ouens wat jy vroegoggend met die krewelpompe gewaar en ‘n paslike voertuig met stokke wat soos ‘n ystervark oral uitsteek. En tweedens is daar die ou, hardebaarde. Dis hulle wat wat jou stilweg aankyk wanneer jy vra, “waar’s die vis dan, oom?”. By hulle hoor jy van watter winde eers moet ophou, watter behoort te waai en natuurlik watter temperatuur die water eers moet wees. En natuurlik, hoe moet die kleur van die water lyk  --  daarom gaan hulle eers oor ‘n week hengel! Maar al die manne in hierdie groep weet van hengel en weet van vis vang. Dis ook hierdie groep wat, indien jy op soek is na hom, maar verlief moet neem met die feit dat hy òf gaan aas maak het òf  weg is om te gaan hengel. Hierdie manne het hulle stokperdjie ‘n amper voltydse ding gemaak. Hulle werk hard, maar hulle doen dit oordeelkundig.

Die verskil tussen groep twee en die res is in die resultate. Hulle werk wel “smarter” soos die gesegde vereis, maar moet steeds baie bedrywig wees. En hulle verbaas jou somtyds dat hulle nie die hele wêreld hoef te deurkruis nie, maar baiemaal die vis sommer hier onder jou neus vang. Indien jy bereid is om hulle al die goed te probeer nadoen, kan jy dalk ook sorg dat jou vrieskas ‘n probleem vir die vrou word..

Groete, Seemeeu

So vang hulle die vis

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles