Tannie Winnie se uitdaging

Tannie Winnie se uitdaging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tannie Winnie (95), ‘n inwoner van Herberg-aan-See (HaS), daag gholfspelers uit om “saam met haar” die gholfstokke op Saterdag, 11 Oktober 2014 uit te haal en te wys wat hulle kan vermag. Om die “vooraf gevoel” te kry, het Tannie Winnie Steenkamp (95) en Tannie Smittie van Rensburg (86) Gansbaai Gholfbaan onlangs besoek en sommer ook ‘n gholfkarretjie van nader bekyk. Hulle is deur John van Rooyen (Bestuurder: HaS), Anita van Dyk (Administrasiehoof: HaS) en die nimlike Suster Linda Meyer na die gholfbaan vergesel. Daar het Jannie Brandt en Leon Hattingh van Gansbaai Gholfklub hulle verwelkom en die groepie het sommer heel tuis op die gholbaan en gholfkarretjie gevoel.

Voortdurende fondsinsamelings-projekte, soos die komende HaS-basaar eerskomende Saterdag, asook vele ander projekte wat veral deur die Gansbaai Goue Hande aangepak word, is noodsaaklik vir die bedryf van die Tehuis. Kostes verhoog by die dag, daarom verhoog die nood vir bykomende fondse ook by die dag. Hierdie “2 Balll Better Ball” gholfkompetisie ten bate van die Tehuis vorm deel van die voortdurende pogings om finansiële verligting mee te bring en kan gerus voluit ondersteun word. Ontbyt is by die baanfooie ingesluit en groot pryse is op die spel, soos Haaiduik vir 4, Walvisbesigtiging vir 2, 5 ster etes vir 4, wyngeskenkpakke en veel meer. Borge vir putjies en pryse is nog beskikbaar.

Laaste nippertjie navrae oor die komende en opwindende gholfdag ten bate van HaS, en/of inskrywings, kan aan John van Rooyen of Anita van Dyk by 028-384-0501 gerig word, of Gansbaai Gholfklub kan by 028-384-1441 geskakel word.                                   

Hardus Botha

Tannie Winnie se uitdaging

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles