Borskankermaand Pretloop

Borskankermaand Pretloop

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Reik na Herstel Borskanker-Ondersteunings Organisasie is op ‘n pad van vernuwing.  Die afgelope paar maande was ‘n oorgangstydperk met ongelooflike vordering, wat gedurende Oktober die hoogtepunt bereik wanneer ons die organisasie se nuwe voorkoms en logo bekend stel.

Ons ou logo – die figuur van ‘n vrou  wat uitreik met haar hande – was vir baie jare die logo van ons organisasie.  Dit was nodig om die logo te herontwerp om te verseker dat dit nie  na ‘n spesifieke geslag verwys nie, aangesien mans ook toenemend, soos vroue, borskanker kry.

‘n Nuwe reis begin – ons nuwe logo, ‘n blomknop met die voorstelling van ‘n menslike figuur wat uitreik in triomf, is ontwerp deur Gregory Leigh Booysen, ‘n student aan die “AAA School of Advertising”

Reik na Herstel (Reach for Recovery) is in 1953 deur ‘n mastektomie pasiënt, Teresa Lasser in die VSA gestig.  SA was een van die eerste lande wat ‘n soortgelyke program gevestig het.  Die organisasie is geaffilieer by “Reach to Recovery International”  (RRI).

Ons glo dat alle kanker pasiënte regte het, insluitende die reg tot billike en kwaliteitsorg.  Reik na Herstel het daarom aangesluit by die “Cancer Alliance” en die “Advocacy for Breast Cancer Group” om te verseker dat ons stemme gehoor word en dat ons ‘n rolspeel in kankerbeheer in Suid-Afrika.

Reik na Herstel is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) en ‘n organisasie vir Publieke Voor-deel (PBO). ‘n Omvattende nie-mediese ondersteunings-program word aangebied deur opgeleide Vrywilligers.  

Die diens word gratis aangebied, en hulle ontvang geen staats hulp nie.  Borskanker-oorwinnaars maak op ‘n unieke manier kontak met nuut gediagnoseerde pasiënte op versoek.  Ons missie is om emosionele sorg en praktiese ondersteuning te bied aan persone wat deur borskanker geraak word. 

DITTO  PROJEK  -  Dit is ‘n gesubsidieerde borsprostese-diens. Ons wil graag elke vrou wat ‘n mastektomie ondergaan het, en nie ‘n prostese kan bekostig nie, ondersteun om toegang tot ‘n silikon-prostese te verkry.  Die afgelope jaar het 5 oorwinnaars in ons omgewing baat gevind by ons projek.  Indien u belangstel om van die diens gebruik te maak om weer meer volledig vrou te voel, kontak ons gerus.  Verlede jaar was dit die eerste Pretstap by Franskraal ten bate van Reik na Herstel.  Op versoek van die deelnemers,  hou ons dit weer hierdie jaar.  Om koste te bespaar, bring asseblief u eie water saam om tydens die stap te drink.    

REIK NA HERSTEL  PRETSTAP 16  OKT FRANSKRAAL  KUS WANDELPAD

Tyd: 07:30 - 08:00 Inskrywings by beginpunt, parkeerarea, Franskraal. 08:00 Begin van Pretstap, kuslangs op die wandelpad, om Blousloep en terug.

Koste: R10 per persoon, betaalbaar by inskrywings.

Gelukkige Prystrekkings: Na die stap.

Kontaknommers vir meer inligting: 072 523 0650 Annaleen Genade of 071 543 0904 Andriette Bruwer.

Borskankermaand Pretloop

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles