Gulde geleentheid vir Gansbaai se Sakemense

Gulde geleentheid vir Gansbaai se Sakemense

Gansbaai Courant

Goeie nuus! Gansbaai Sakekamer het uiteindelik daarin geslaag om 'n PACA (Participatory Appraisal of Competitive Advantage) proses na Gansbaai te bring. Dit volg uit 'n besoek in November 2013 aan Min Alan Winde en verdere onderhandelinge met Staatsdepartemente & Overstrand Munisipaliteit.

Gansbaai is geskeduleer vir die week van 13 - 17 Oktober.

Die Wes-Kaap regering finansier die proses sowel as die fasiliteerder wat van buite aangewys is. Overstrand Munisipaliteit (LED Departement) finansier die personeel vanaf Hermanus wat die proses ondersteun & bestuur en vir die week in Gansbaai sal bly. Gansbaai Sakekamer sal ook sekere kostes dra & funksies hanteer.

DOEL van PACA

Die doel is om 'n dorp se ekonomie en besighede te aktiveer vir groei & om struikelblokke uit die weg te ruim wat dit belemmer. Werksessies gaan gehou word met besighede binne hulle sektore bv. Kleinhandel, Boubedryf, Toerisme, Munisipaliteit en andere. Onderhoude & werkswinkels poog om geleenthede te skep en hindernisse te identifiseer.

Daarna word aksieplanne opgestel en korttermyn doelwitte word bepaal sodat resultate op die korter termyn reeds kan realiseer. Ons wil graag soveel mense as moontlik aanmoedig om deel te neem aan hierdie proses - daarom nooi ons graag ons gemeenskappe uit om deel te neem.

Dit is in ons almal en ons dorp se belang dat ons gesamentlik betrokke raak om insette te gee en voorstelle te maak sowel as om probleemarea's te identifiseer.

Hou die week in gedagte sodat u betrokke kan raak in belang van u besigheid, onderneming of belange.

Ons beplan om reeds op Maandag 13 Oktober die aand 'n geselligheid te reël om die PACA bekend te stel - Die Burgemeester en die fasiliteerder (John Lawson) sal teen-woordig wees. Daarna begin die proses met werkswinkels & onderhoude - raak betrokke hierby. Teen die einde van die week sal terugvoering gegee word en die finale verslag verfyn word.

Ons almal voel dat besigheid hopeloos te stadig is en dat ons ekonomies moeilike tye beleef.

Kom ons werk saam as Gansbaai gemeenskap om ons besighede en dorp uit te bou en op 'n nuwe vlak te plaas vir sover as wat ons dit kan beinvloed.

Hier is die geleentheid en dit word finansier deur owerheidsinstansies - benut die geleentheid!

Persone & instansies wat belang stel, kan vir Fanie Bothma kontak via sy e-pos faniebothma@mweb.co.za of vir Glenda Kitley by Toerisme gansbaaimanager@telkomsa.net

Dan kan ons weer met u verder kommunikeer en organiseer sodat u betrokke kan wees by die proses.

Ons sien uit na 'n lekker besige week waar ons almal saam kan werk in belang van ons ekonomiese vooruitgang. 

 Fanie Bothma, Voorsitter - Gansbaai Sakekamer

Gulde geleentheid vir Gansbaai se Sakemense

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles