Gulde geleentheid vir Gansbaai se Sakemense

Gulde geleentheid vir Gansbaai se Sakemense

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Goeie nuus! Gansbaai Sakekamer het uiteindelik daarin geslaag om 'n PACA (Participatory Appraisal of Competitive Advantage) proses na Gansbaai te bring. Dit volg uit 'n besoek in November 2013 aan Min Alan Winde en verdere onderhandelinge met Staatsdepartemente & Overstrand Munisipaliteit.

Gansbaai is geskeduleer vir die week van 13 - 17 Oktober.

Die Wes-Kaap regering finansier die proses sowel as die fasiliteerder wat van buite aangewys is. Overstrand Munisipaliteit (LED Departement) finansier die personeel vanaf Hermanus wat die proses ondersteun & bestuur en vir die week in Gansbaai sal bly. Gansbaai Sakekamer sal ook sekere kostes dra & funksies hanteer.

DOEL van PACA

Die doel is om 'n dorp se ekonomie en besighede te aktiveer vir groei & om struikelblokke uit die weg te ruim wat dit belemmer. Werksessies gaan gehou word met besighede binne hulle sektore bv. Kleinhandel, Boubedryf, Toerisme, Munisipaliteit en andere. Onderhoude & werkswinkels poog om geleenthede te skep en hindernisse te identifiseer.

Daarna word aksieplanne opgestel en korttermyn doelwitte word bepaal sodat resultate op die korter termyn reeds kan realiseer. Ons wil graag soveel mense as moontlik aanmoedig om deel te neem aan hierdie proses - daarom nooi ons graag ons gemeenskappe uit om deel te neem.

Dit is in ons almal en ons dorp se belang dat ons gesamentlik betrokke raak om insette te gee en voorstelle te maak sowel as om probleemarea's te identifiseer.

Hou die week in gedagte sodat u betrokke kan raak in belang van u besigheid, onderneming of belange.

Ons beplan om reeds op Maandag 13 Oktober die aand 'n geselligheid te reël om die PACA bekend te stel - Die Burgemeester en die fasiliteerder (John Lawson) sal teen-woordig wees. Daarna begin die proses met werkswinkels & onderhoude - raak betrokke hierby. Teen die einde van die week sal terugvoering gegee word en die finale verslag verfyn word.

Ons almal voel dat besigheid hopeloos te stadig is en dat ons ekonomies moeilike tye beleef.

Kom ons werk saam as Gansbaai gemeenskap om ons besighede en dorp uit te bou en op 'n nuwe vlak te plaas vir sover as wat ons dit kan beinvloed.

Hier is die geleentheid en dit word finansier deur owerheidsinstansies - benut die geleentheid!

Persone & instansies wat belang stel, kan vir Fanie Bothma kontak via sy e-pos faniebothma@mweb.co.za of vir Glenda Kitley by Toerisme gansbaaimanager@telkomsa.net

Dan kan ons weer met u verder kommunikeer en organiseer sodat u betrokke kan wees by die proses.

Ons sien uit na 'n lekker besige week waar ons almal saam kan werk in belang van ons ekonomiese vooruitgang. 

 Fanie Bothma, Voorsitter - Gansbaai Sakekamer

Gulde geleentheid vir Gansbaai se Sakemense

Fanie Bothma

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles