Nie net 1 nie

Nie net 1 nie

Gansbaai Courant

Gewoonlik word nuwe boeke een-een uitgegee.  Carine Badenhorst, rubriekskrywer vir Gansbaai Courant vir die afgelope vier jaar,  het dit anders gedoen.  Sy het vier nuwe boeke gelyktydig die lig laat sien.

Carine is ‘n Overberger van  geboorte, met ‘n bloedlyn van skrywers, onder wie Dr Con Viljee, Audrey (Swart) Blignaut  en skrywer/dramaturg S.D Fourie. Haar  oom Jurie Jordaan was ‘n president van die Afrikaanse Kultuurbond ( nou ATKV) en vurige kampvegter en medewerker tydens die totstandkoming en oprigting van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Sy het, op aandrang van haar skoolhoof, reeds in Graad Nege ‘n buite-muurse kursus in Joer-nalistieke Skryf en die Skryf van Kortverhale suksesvol afgelê.  Sy het egter eers in erns begin skryf toe hulle twintig jaar gelede op Kleinbaai kom woon het, as mede-werker vir Gansbaai Herald, Overberg Tribu-ne en Gansbaai Courant.

In die Voorwoord van haar boeke, skryf Carol Williams “Haar skryf-styl herinner sterk aan dié van Dr Con en Audrey. Soos haar voorsate, konsentreer hierdie talentvolle skrywer merendeels op essays en pensketse in ‘n heerlike geselstrant wat die leser deelmaak van haar wêreld.”

Carine is met ‘n beskeidenheid trots daarop dat sy al die boekies eiehandig drukgereed gemaaak het, dit is Bladuitleg en inhoudsopgawe, taalversorging en proeflees en buitebladontwerpe gedoen het. Dit was ‘n splinternuwe terrein om te verken, maar nuuskierigheid en die feit dat “ek kan nie” nie vir haar bestaan nie, het uiteindelik, na amper ‘n jaar se harde en geduldige werk, vrugte afgewerp. ‘n Verdere pluimpie is dat die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Fakulteit Opvoedkunde dit aangekoop het vir hulle Departement Afrikaans.

Suikerbrood en Suurvye handel hoofsaaklik oor aktuele sake.

Poppe langs die Pad is merendeels jeugherinneringe en meer  spesifiek  die  sosiaal-morele waardes waarmee sy opgevoed is. Die teikenmark is dan ook die jeug. 

Pêrels en Kristal en ander juweeltjies spreek die romantiek van die lewe aan,  waarvan romantiese liefde maar net een aspek is.

In Kindertjies en Katjies skryf sy heelwat oor die kleiner formaat plesiertjies en hakskeenbytertjies van  die lewe.

Die boeke is verkrygbaar by Gansbaai Book Exchange, op die internet boekwinkels van www.groep7.co.za  en sal baie binnekort ook op www.graffitiboeke.co.za  en as e-boeke beskikbaar wees.

Nie net 1 nie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles