Nie net 1 nie

Nie net 1 nie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gewoonlik word nuwe boeke een-een uitgegee.  Carine Badenhorst, rubriekskrywer vir Gansbaai Courant vir die afgelope vier jaar,  het dit anders gedoen.  Sy het vier nuwe boeke gelyktydig die lig laat sien.

Carine is ‘n Overberger van  geboorte, met ‘n bloedlyn van skrywers, onder wie Dr Con Viljee, Audrey (Swart) Blignaut  en skrywer/dramaturg S.D Fourie. Haar  oom Jurie Jordaan was ‘n president van die Afrikaanse Kultuurbond ( nou ATKV) en vurige kampvegter en medewerker tydens die totstandkoming en oprigting van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Sy het, op aandrang van haar skoolhoof, reeds in Graad Nege ‘n buite-muurse kursus in Joer-nalistieke Skryf en die Skryf van Kortverhale suksesvol afgelê.  Sy het egter eers in erns begin skryf toe hulle twintig jaar gelede op Kleinbaai kom woon het, as mede-werker vir Gansbaai Herald, Overberg Tribu-ne en Gansbaai Courant.

In die Voorwoord van haar boeke, skryf Carol Williams “Haar skryf-styl herinner sterk aan dié van Dr Con en Audrey. Soos haar voorsate, konsentreer hierdie talentvolle skrywer merendeels op essays en pensketse in ‘n heerlike geselstrant wat die leser deelmaak van haar wêreld.”

Carine is met ‘n beskeidenheid trots daarop dat sy al die boekies eiehandig drukgereed gemaaak het, dit is Bladuitleg en inhoudsopgawe, taalversorging en proeflees en buitebladontwerpe gedoen het. Dit was ‘n splinternuwe terrein om te verken, maar nuuskierigheid en die feit dat “ek kan nie” nie vir haar bestaan nie, het uiteindelik, na amper ‘n jaar se harde en geduldige werk, vrugte afgewerp. ‘n Verdere pluimpie is dat die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Fakulteit Opvoedkunde dit aangekoop het vir hulle Departement Afrikaans.

Suikerbrood en Suurvye handel hoofsaaklik oor aktuele sake.

Poppe langs die Pad is merendeels jeugherinneringe en meer  spesifiek  die  sosiaal-morele waardes waarmee sy opgevoed is. Die teikenmark is dan ook die jeug. 

Pêrels en Kristal en ander juweeltjies spreek die romantiek van die lewe aan,  waarvan romantiese liefde maar net een aspek is.

In Kindertjies en Katjies skryf sy heelwat oor die kleiner formaat plesiertjies en hakskeenbytertjies van  die lewe.

Die boeke is verkrygbaar by Gansbaai Book Exchange, op die internet boekwinkels van www.groep7.co.za  en sal baie binnekort ook op www.graffitiboeke.co.za  en as e-boeke beskikbaar wees.

Nie net 1 nie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles