De Kleine Gansies Gholf- en Familiedag

De Kleine Gansies Gholf- en Familiedag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gholf– en Familiedag wat deur De Kleine Gansies Kleuterskool op Saterdag, 20 September 2014 te Gansbaai Gholfklub in Kleinbaai aangebied is, word allerweë as ‘n reuse sukses beskryf, met Dr Righardt van Huyssteen as hoofborg. Die dag se opbrengs was ten bate van die kleuterskool. Die gholfers, 72 inskrywings, se dag is as ‘n groot sukses beskryf, met groot pryse wat gewen is. Die wenners was Solly Wessels & El Matthee (49), J van Huyssteen & F Venter (49), J Nell & G Hunt (48) en René Lambrecht & Steve Muller (48).

Die prestige Damesoggend, geborg deur Gansbaai OK Foods, was ‘n lus vir die oog. ‘n Ligte ontbyt plus ‘n middagete was ingesluit en die groot groep dames het die oggend terdeë geniet. Corra Helberg van Corra’s met haar mode-uitrustings is professioneel deur Gansbaai se eie modelle vertoon. Minette Maree het gesorg vir interessante variasies van hoe dieselfde uitrusting afgewissel kan word.

Die volgende Gansbaai modelle (alfabeties) het hul uitstekend van hul taak gekwyt: Alida Calitz, Angelique van der Berg, Annemien van der Merwe, Jackie Lombaard, Marietjie Gerber en Stella Swart. Die Damesoggend is verder opgekikker met Lizette Janse van Rensburg se sang en aanbieding, met die tema: “Toe bars my ‘bubble’, hoe gaan ek ooit weer vonkel?”

Vir die kinders is daar meer as voldoende voorsiening gemaak met ‘n springkasteel, sakresies en ander speletjies, met Supreme Sharks as hoofborg. Die laatmiddagete, ‘n spitbraai en wegneemetes, was vanuit die boonste rakke.

De Kleine Gansies se Bestuur rig die volgende bedankings: Dr Righardt van Huyssteen (Hoofborg: Gholfdag); Gansbaai OK Foods (Hoofborg: Damesoggend); Supreme  Sharks (Hoofborg: Kiddies Daycare); Marius Jacobs Finansiële Dienste (Borg: Advertensies); Corra Helberg van Corra's (Borg: Mode-uitrustings).

Die res van die borge (alfabeties) is: Annev Construction Cc, Arabella Hotel and Spa, BM Ford Bredasdorp, Bon Courage Robertson, Buitesteen Restaurant, Chantelle Gericke, Deidre Scholtz, Dr J Bosman, Elna Caravias, Elsa Bekker, Flippie Groenewald van De Uiljenes (Warmgat-borg), Gansbaai Courant, Gansbaai Gholfklub (Gedeeltelike borgskap), Gansbaai Marine, Gansbaai Superspar, Gerhard de Wet Strandveld Slaghuis, H Pratt, Japie Swart, Jimmy Rockets, Johan van Dyk, Kontrei Printing Caledon, Lekkerbek, Liezl Prinsloo, Liqourland, Marine Dynamics, Mulligans Guesthouse Hermanus, Oom Kallie Strandveld Pub, Oom Piet Gastehuis (Natgat-borg), Overberg Agri Stanford, Raka Wyne, Romansbaai Abalone Farm, Serona’s, Sharkdiving Unlimited, Solyx Films, Studio Jo Signs, The Boathouse Restaurant, Tolbos Restaurant, Tot Fourie, W Germishuys, White Shark Projects en Wooden Leg Elephant Guesthouse Kleinmond.

Gansbaai Gholfklub te Kleinbaai, in die persone van Jannie Brandt en Bev Swart, word spesiaal bedank vir die fasiliteite, advies en ondersteuning. ‘n Spesiale dankie aan die personeel van Oom Piet Gastehuis vir die maak van slaaie en hotdogs. Dan ook aan Ilse Kloppers en haar knap span in die kombuis, kleuters, onderwysers, ouers en die bestuur.

Met die sukses van De Kleine Gansies se Gholfdag verdien Madelein Swart (Hooforganiseerder) en haar span sonder twyfel ‘n besonderse pluimpie. Lesers kan nou reeds kennis neem dat hierdie ‘n jaarlikse instelling gaan word.

Hardus Botha

De Kleine Gansies Gholf- en Familiedag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles