Die getroue ondersteuners van Laerskool Gansbaai het op Saterdag, 27 September, verskeie reënbuie trotseer om die heel eerste potjiekos-kompetisie wat die skool nog aangebied het, by te woon.
Die verskillende potjiekosspanne se stalletjies is kreatief opgeslaan en teen 09:00 het die vure reeds hoog gebrand. Spanne het gewoeker met hul potte, maar teen 13:45 het benoudheid toegeslaan en is die minute luidrugtig afgekondig tot en met die beoordeling om 14:00.
Die beoordelaars het egter gou agtergekom dat dit nie ‘n maklike taak sou wees om op ‘n wenner te besluit nie en moes kort-kort terugkeer na verskeie potte om weer te proe. “Nie eers ‘n restaurant kan sulke smaaklike kos voorsit nie” het een van die beoordelaars opgemerk.
Ons wil graag die volgende instansies en individue bedank vir hul ruim hartige bydrae, nl.: Michael Pashut van Auto and Bus, Supreme Sharks, Whale Safari, Grootbos Natuurreservaat, The Boathouse, Tuscany Coffee Shop, OK Foods, Bon-Bon, Mari Groenewald, Jolene Badenhorst Fotografie, C Sport & Surf, Red Inks, Elsa le Roux-Bekker, Lean-on-Me en Vanessa Knoetze.
Baie dankie aan die beoordelaars, Jonathan en Handré van Benguela Restaurant en André Wagener, voormalige restaurant eienaar, asook elke deelnemer, ondersteuner en toeskouer wat gehelp het om van hierdie geleentheid ‘n reuse sukses te maak! Die wen potte/-spanne was:
Algehele Wenner: Ouma se Kombuis
Smaaklikse Pot: Gansbaai Kampeerklub
Spangees: Maryke en die Potjiekos Boy’tjies
Aantreklikste dis voorgesit: Ouma se Kombuis
Amper daar: Die “Bachelors”
Joligste deelnemer: Elzanne Bosch
Deurmekaarste stasie: Sonde “Eliminators”
Wenners van die gelukkige trekkings was:
Pieter Kellerman
Juan Havenga
StollieFourie
Elzanne Bosch
Gees was beslis die groot wenner van die dag. Elke deelnemer het bygedra tot ‘n onvergeetlike, suksesvolle en baie gesellige dag. Ons beoog om hierdie dag ‘n jaarlikse instelling te maak – so sien julle volgende jaar weer!!
Potjiekos groete
Jolinda Avenant & Lyndri Kotzé