Potjiekoskompetisie

Potjiekoskompetisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die getroue ondersteuners van Laerskool Gansbaai het op Saterdag, 27 September, verskeie reënbuie trotseer om die heel eerste potjiekos-kompetisie wat die skool nog aangebied het, by te woon.

Die verskillende potjiekosspanne se stalletjies is kreatief opgeslaan en teen 09:00 het die vure reeds hoog gebrand.  Spanne het gewoeker met hul potte, maar teen 13:45 het benoudheid toegeslaan en is die minute luidrugtig afgekondig tot en met die beoordeling om 14:00.

Die beoordelaars het egter gou agtergekom dat dit nie ‘n maklike taak sou wees om op ‘n wenner te besluit nie en moes kort-kort terugkeer na verskeie potte om weer te proe.  “Nie eers ‘n restaurant kan sulke smaaklike kos voorsit nie” het een van die beoordelaars opgemerk.

Ons wil graag die volgende instansies en individue bedank vir hul ruim hartige bydrae, nl.:  Michael Pashut van Auto and Bus, Supreme Sharks, Whale Safari, Grootbos Natuurreservaat, The Boathouse, Tuscany Coffee Shop, OK Foods, Bon-Bon, Mari Groenewald, Jolene Badenhorst Fotografie, C Sport & Surf, Red Inks, Elsa le Roux-Bekker, Lean-on-Me en Vanessa Knoetze.

Baie dankie aan die beoordelaars, Jonathan en Handré van Benguela Restaurant en André Wagener, voormalige restaurant eienaar, asook elke deelnemer, ondersteuner en toeskouer wat gehelp het om van hierdie geleentheid ‘n reuse sukses te maak! Die wen potte/-spanne was: 

Algehele Wenner:                                Ouma se Kombuis

Smaaklikse Pot:                                 Gansbaai Kampeerklub

Spangees:                                            Maryke en die Potjiekos Boy’tjies

Aantreklikste dis voorgesit:               Ouma se Kombuis

Amper daar:                                         Die “Bachelors”

Joligste deelnemer:                              Elzanne Bosch

Deurmekaarste stasie:                      Sonde “Eliminators”

Wenners van die gelukkige trekkings was:

Pieter Kellerman

Juan Havenga

StollieFourie

Elzanne Bosch

Gees was beslis die groot wenner van die dag.  Elke deelnemer het bygedra tot ‘n onvergeetlike, suksesvolle en baie gesellige dag. Ons beoog om hierdie dag ‘n jaarlikse instelling te maak – so sien julle volgende jaar weer!!

Potjiekos groete

Jolinda Avenant & Lyndri Kotzé

Potjiekoskompetisie

Jolinda Avenant en Lyndri Kotze

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles