Miskien help dit

Miskien help dit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Niks vreesliks nuus op die hengelfront nie. Ook die bote vaar nie baie goed nie en dus moet die ouens maar dankbaar wees vir die gewone  -- hotties (aan die kleinerige kant), silwervis en rooivis  --  die romanne en PW’s is darem ‘n skaflike grootte.

Ideale tyd om te wys op ‘n paar tegnieke wat meestal ‘n verskil aan ‘n man se vangs kan beteken. Goed soos  --  word die aas reg aangesit? Dit kan nogal ‘n verskil maak indien jou aas nie te groot vir die hoek is nie en of die punt van die hoek uitsteek. Ons praat nou nie van goed soos mosselkraker en steenbras nie.  Die ou wat vandag kan baatvind is meerendeel die boothengelaar wat so saam met die manne vir die “gewone” vis probeer. Daar is nog ‘n duisternis ander goed wat toegepas kan word en ek gaan net ‘n paar noem.

Probeer met twee lyne vang maar verander die opmaak daarvan. Somtyds verkies die vis dat die lood onder hang en die twee stroppe hoër op vasgemaak word (soos daar normaalweg van die wal af gehengel word). Die ander lyn kan dan opgemaak word deur ‘n tousinker  te gebruik. Die twee hoeke hang dan óf langs mekaar óf die een effens onder die ander. Kyk dan watter styl die vis verkies en hengel so.

Baie maal moet die aas beweeg word om die vis nader te lok en deur na jou medehengelaars op te let sal jy gou agterkom of die vis skelm byt en dit weer kan jou keuse van hoeke beinvloed. Ook die dikte van jou lyn kan ‘n verskil maak. Probeer in alle gevalle die lyn so lig moontlik hou. ‘n Verskeidenheid van ase sal beslis help.

Kom ons kyk watter vis die laaste jare in Oktobermaand gevang is en hoe dit vergelyk met vangste sover.

Opsomming OKTOBER 1999-2013

1999. PW’s, roman, tjokka, kreef, kolsterte.

2000. Baie kreef, mooi romanne. Snoek, elf, witstompies, PW’s.

2001. Baie geelbek, snoek, hotties, haai. Roman.

2002. Haai, silwervis, pangas, geelbekkies, roman, hotties, silwervis.

2003. PW’s, roman, hotties.

2004. Baie geelbek. Oulywe, roman, haai, silwervis, 1 rooisteenbras!

2005. Geelbek, hotties, roman

2006. Roman, 1 rooisteenbras! (ondermaat), pangas, hotties.

2007. Roman, hotties.

2008. Geelbek, hotties, roman, silwervis.

2009. Hotties, PW’s (1 van 2, 64 kg.), haai, klein snoekies, geelbekkies. *(Hotties by Quinpoint).

2010. Hotties, geelbek, 1 rooisteenbras (ondermaat), PW, roman, kabeljou.

2011. Roman, hotties.

2012. Geelbek, roman, baie hotties, silwervis.

2013. Hotties, silwervis, roman, PW, haai, geelbek, snoekies.

Geniet die see, Seemeeu

Miskien help dit

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles