Gansbaai Krieketklub het die afgelope Sondag na Napier gereis om die sterk span van Napier Krieketklub die stryd aan te sê.
Napier Krieketklub het eerste gekolf en 'n goeie telling van 245/5 in 40 boulbeurte aangeteken. Gansbaai se beste boulers was Theuns Otto (5-0-21-2), Nicoholas Barkhuizen (4-0-32-2) en Corrie Avenant (8-2-21-0).
Gansbaai het toe gaan kolf en 248/6 in 35 boulbeurte aangeteken, danksy goeie bydraes deur Zian Slippers 86 nun (2x4)(12x6), Junior van der Linde 47 nun (1x4)(5x6), Corrie Avenant 37 (4x6) en Jonathan Doyle 28 (2x4)(1x6). Gansbaai het die wedstryd met 4 paaltjies gewen.
Gansbaai speel eerskomende Saterdag tuis teen 'n toerspan en Sondag teen Caledon Krieketklub. Die klub nooi almal uit om hulle te kom ondersteun.
Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen, 082 715 3179