Saterdag, 27 September 2014 was Toerismedag en Gansbaai Toerisme het seker gemaak dit is ‘n gesellige dag. “Ons het op die tema: ‘Proudly Gansbaai’ besluit en het ook die onlangse sertifikaatwenners van die Burgemeesterstoekennings genooi om teenwoordig te wees,” vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.
Van die uitstallers was BARC, Flower Valley, Gansbaai Pistoolklub, Gansbaai Toerisme, Overberg Houtwerk Assosiasie, SHARE en andere. Uitstaande groepe wat vir gesellige vermaak gesorg het, was Gansbaai Primêr se Marimba-orkes en Margi Muller se Birkenhead Chicks (verskeie volwasse dansers) en haar Doyli Dancing Queens van Masakhane (Masakhane leerders). Die leerders en deelnemers kon heerlike worsrolletjies en koeldrank geniet. Die oggend het gesellig verloop en Gansbaai Toerisme kan trots voel op die uitstallings en die bedryf van Gansbaai Toerisme in die algemeen.
Glenda en haar vriendelike personeel kan by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.
Hardus Botha