Spesiale Wynproe

Spesiale Wynproe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat ‘n spesiale geleentheid was Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms op Vrydag, 26 September 2014 in die Great White House nie gewees nie. Dit was die eerste byeenkoms sedert wyle Helmie de Vries, stigter van die gilde en ook voorsitter, se afsterwe op 16 Julie vanjaar.

Die byeenkoms is met Helmie se eggenote, Amanda se goedkeuring as huldeblyk aan Helmie aangebied. Helmie en Amanda se drie seuns, Andrew, Wilhelm en Hugo was teenwoordig, asook Helmie se broer en skoonsuster, Thys en Marié de Vries van Franskraal. Koelenhof Wynkelder (sinoniem met Helmie), se wyne is deur Wilhelm (Rooiwynmaker: Koelenhof) bekendgestel en te proe aangebied. Sy broer, Andrew (Algemene Bestuurder: Koelenhof) het hom bygestaan. Die oudste broer, Hugo, is ‘n tandarts in Parklands - “iemand in die gesin moet na die wyntande omsien!”

Die eerste groep wyne wat geproe is, is: Koelenbosch Sauvignon Blanc, Koelenhoffer (Sauvignon Blanc), Koelnektar (Gewurztraminer) en Koelenberg (droë Rooi). Die tweede groep is: Koelenbosch MCC Pinotage Rose, Koelenhof Wynkelder Pinotage Rose Vonkelwyn, Koelenhof Wynkelder Pinotage Rose, Koelenbosch Pinotage en Koelenhof Wynkelder Pinorto (Port).

Die gaste het die wyne deur-gaans met hoë toekennings aangeslaan. Hulle is ook met Koelenhof-geskenkies bederf. Sjef Chris Pead van die Great White House se spyskaart was vingerleklek-ker, met ‘n smaaklike voor-gereg, hoofgereg en nagereg.

Die tafelbediening deur Elizabeth Tobias en Charmo-nique Sauls was flink en puik. Gansbaai Wynproe-gilde is 6 jaar gelede op Dinsdag, 11 November 2008 deur Helmie gestig, wat vir die volle tydperk as voorsitter gedien het. Hy is allerweë as ‘n besonderse mens beskryf, veral met verwysing na sy aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid. Helmie se vader, Hugo de Vries, het Koelenhof Wynkelder in 1941, sowat 73 jaar gelede, begin en dit is waar Helmie sowat 5 jaar later op 4 Desember 1946 gebore is - dus is hy gebore en getoë tussen die wyne van Koelenhof Wynkelder. Met verloop van tyd het Helmie die verantwoordelikhede van Algemene Bestuurder by sy pa oorgeneem. In Desember 2006 het hy en Amanda in Franskraal kom aftree, maar hy het steeds aktief en bedrywig gebly. Helmie se groot vreugde en trots was altyd dat Andrew en Wilhelm die voortbestaan van die De Vries-familie se Koelenhof-tradisie as die derde De Vries-geslag sal verseker.

‘n Hoogtepunt vir Helmie was op 6 Oktober 2012 toe hy op ‘n besonderse wyse vereer is met Veritas se toekenning as een van 2012 se Veritas Legendes. Gansbaai Wynproegilde se gewilde wynproe-tradisie wat deur Helmie nagelaat is, sal steeds maandeliks deur Amanda en andere voortgesit word.

Hardus Botha

Spesiale Wynproe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles