Spesiale Wynproe

Spesiale Wynproe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat ‘n spesiale geleentheid was Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms op Vrydag, 26 September 2014 in die Great White House nie gewees nie. Dit was die eerste byeenkoms sedert wyle Helmie de Vries, stigter van die gilde en ook voorsitter, se afsterwe op 16 Julie vanjaar.

Die byeenkoms is met Helmie se eggenote, Amanda se goedkeuring as huldeblyk aan Helmie aangebied. Helmie en Amanda se drie seuns, Andrew, Wilhelm en Hugo was teenwoordig, asook Helmie se broer en skoonsuster, Thys en Marié de Vries van Franskraal. Koelenhof Wynkelder (sinoniem met Helmie), se wyne is deur Wilhelm (Rooiwynmaker: Koelenhof) bekendgestel en te proe aangebied. Sy broer, Andrew (Algemene Bestuurder: Koelenhof) het hom bygestaan. Die oudste broer, Hugo, is ‘n tandarts in Parklands - “iemand in die gesin moet na die wyntande omsien!”

Die eerste groep wyne wat geproe is, is: Koelenbosch Sauvignon Blanc, Koelenhoffer (Sauvignon Blanc), Koelnektar (Gewurztraminer) en Koelenberg (droë Rooi). Die tweede groep is: Koelenbosch MCC Pinotage Rose, Koelenhof Wynkelder Pinotage Rose Vonkelwyn, Koelenhof Wynkelder Pinotage Rose, Koelenbosch Pinotage en Koelenhof Wynkelder Pinorto (Port).

Die gaste het die wyne deur-gaans met hoë toekennings aangeslaan. Hulle is ook met Koelenhof-geskenkies bederf. Sjef Chris Pead van die Great White House se spyskaart was vingerleklek-ker, met ‘n smaaklike voor-gereg, hoofgereg en nagereg.

Die tafelbediening deur Elizabeth Tobias en Charmo-nique Sauls was flink en puik. Gansbaai Wynproe-gilde is 6 jaar gelede op Dinsdag, 11 November 2008 deur Helmie gestig, wat vir die volle tydperk as voorsitter gedien het. Hy is allerweë as ‘n besonderse mens beskryf, veral met verwysing na sy aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid. Helmie se vader, Hugo de Vries, het Koelenhof Wynkelder in 1941, sowat 73 jaar gelede, begin en dit is waar Helmie sowat 5 jaar later op 4 Desember 1946 gebore is - dus is hy gebore en getoë tussen die wyne van Koelenhof Wynkelder. Met verloop van tyd het Helmie die verantwoordelikhede van Algemene Bestuurder by sy pa oorgeneem. In Desember 2006 het hy en Amanda in Franskraal kom aftree, maar hy het steeds aktief en bedrywig gebly. Helmie se groot vreugde en trots was altyd dat Andrew en Wilhelm die voortbestaan van die De Vries-familie se Koelenhof-tradisie as die derde De Vries-geslag sal verseker.

‘n Hoogtepunt vir Helmie was op 6 Oktober 2012 toe hy op ‘n besonderse wyse vereer is met Veritas se toekenning as een van 2012 se Veritas Legendes. Gansbaai Wynproegilde se gewilde wynproe-tradisie wat deur Helmie nagelaat is, sal steeds maandeliks deur Amanda en andere voortgesit word.

Hardus Botha

Spesiale Wynproe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles