Hou moed God gee ons krag om aan te hou

 Hou moed God gee ons krag om aan te hou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die HERE julle GOD gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”  (Deut. 31:6) 

“Die Gees wat GOD ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.”  (2Tim. 1:7) 

In elke mens se lewe kom daar dae wanneer jy voel alles vir jou net te veel word. Dit kan druk by die werk wees, spanning in jou huwelik of verhoudings, of sommer net die toestand in ons land waar dit lyk asof daar geen orde, respek of liefde oor is nie. Dit maak nie saak wat dit is wat jou moedeloos maak nie – dit het ’n invloed op jou gesondheid en jou innerlike vrede. Ons almal het MOED nodig om ons daaglikse lewe voluit te aanpak.

Waar kan ’n mens dan ’n pilletjie vir moed, of ’n inspuiting kry wat jou dapper maak?

As ek nou vir jou sê, soos hier bo in die opskrif staan, dat ons net op GOD moet vertrou dan sal ons moed hê, is ook nie heeltemal waar nie. Hoeveel keer het jy nie al gebid en gepleit vir meer krag en moed om maar net weer die volgende oomblik te besef hoe gespanne of angstig jy is oor jou spesifieke situasie nie. Geloof en gebed gee nie sommer net moed soos ’n pilletjie of inspuiting nie.  Daar moet iets meer gebeur. Jy moet van jou kant af ook iets doen.

Wat GOD ons wel belowe, soos hier bo in 2 Timoteus 1:7 staan, is dat Sy Gees ons help om nie lafhartig (of moedeloos) te wees  nie – want die Gees vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.  Hierdie krag kom van GOD af – Glo dit is reeds daar - jy moet dit binne-in jou aktiveer deur binne-in jou omstandighede op te te staan en jou situasie aan te pak.  Om net stil te sit en bang te wees, of vir jouself te sê hoe moedeloos jy is – verbeter glad nie jou omstandighede nie. Sê vir jouself GOD is daar vir jou, Hy is langs jou – ervaar Sy Goddelike teenwoordigheid – staan dan op en doen iets positief. Skryf, praat, bid, lees jou Bybel – doen net iets! Moed is ’n spier wat gebruik moet word voordat dit sterker word. Vertrou GOD vir krag – en gebruik dan daardie krag!

Aanvaar jou omstandighede – hetsy dit probleme is by die werk of in jou verhouding - of die toestand in ons land – en neem die besluit om jou beste te gee – om vorentoe toe te kyk en met moed en deursetting elke dag te leef! Jy kan! Jy is nie alleen nie – GOD se Gees is in jou en gaan met jou waar jy ook al gaan. Hou moed! Kyk vorentoe en sien hoe jy alreeds die oorwinning behaal!

 Hou moed God gee ons krag om aan te hou

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles