Kry jou aas in die water

Kry jou aas in die water

Gansbaai Courant

So 'n paar romanne, heelwat hotties en ‘n paar skaflike silwervisse. O ja, dan het iemand ook ‘n ligte geelstertjie gevang. Oor dit alles kan jy nie kla nie en as daar iets is om op die rooster te sit, help dit nogal. Meeste van die bote se vangs het uit die boonste visse bestaan (behalwe vir die geelstert, indien wel, is dit hoogs geheim!).

Hoewel ons elke keer as die weer verander dink dat die snoek wel sal opdaag, dink ek dis nou neusie verby. Kort-kort wanneer jou lyne afgehap word en daar bly ‘n hoek in die slag is dit tog so dat jy met hernieude ywer die water bekyk en “net ingeval” weer die snoekgereedskap probeer.

‘n Beter hoop sal wees om vir die kabeljou uit te kyk. Seker bietjie vroeg nog maar binne ‘n maand of so sal dit nie so snaaks wees indien die water effens verkleur en hierdie manne begin uitdop nie. Die afgelope jaar het die gewone patroon nie gevolg nie toe die vis  van die kant af padgegee het en veronderstel was om in dieper water op te duik. Ook die geeelbek was baie skaars en slegs ‘n paar is sporadies gevang. So als en als was daar nie veel om oor te juig nie.Al wat mens in hierdie verband voor kan hoop is om positief te bly, die regte aas vir die regte vis te gebruik en te gaan lê met die boot waar jy vantevore hierdie manne opgetel het. Stel jou net voor indien een van die groter visse jou aas vat en laat waai! Dit ís mos moontlik en dit kan gebeur. Dit help nie altyd om vir die ander man te wag om die vis raak te loop nie. Dit gebeur so baie dat teen die tyd dat jy ook op die regte plek is, die vis al klaar vort is. Geniet liewer die dag, sorg dat jou hengelgereedskap in orde is en kry jou aas in die water. Môre, oormôre is dit jou beurt om aan te kondig “die vis is hier!”

Onthou

Galjoen, oop vanaf 1ste dag van Februarie tot einde, 14 Oktober.

Rooisteenbras vangs verbode.

Elf - Toe-seisoen - 1 Oktober tot 30 November, van dieselfde jaar.

Tjokka het 3 toe-seisoene. Vanaf 19 Maart tot 9 April, vanaf 23 Julie tot 13 Augustus en vanaf 19 Oktober tot 23 November, almal in dieselfde jaar.

Groete, Seemeeu

Kry jou aas in die water

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles