Kry jou aas in die water

Kry jou aas in die water

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

So 'n paar romanne, heelwat hotties en ‘n paar skaflike silwervisse. O ja, dan het iemand ook ‘n ligte geelstertjie gevang. Oor dit alles kan jy nie kla nie en as daar iets is om op die rooster te sit, help dit nogal. Meeste van die bote se vangs het uit die boonste visse bestaan (behalwe vir die geelstert, indien wel, is dit hoogs geheim!).

Hoewel ons elke keer as die weer verander dink dat die snoek wel sal opdaag, dink ek dis nou neusie verby. Kort-kort wanneer jou lyne afgehap word en daar bly ‘n hoek in die slag is dit tog so dat jy met hernieude ywer die water bekyk en “net ingeval” weer die snoekgereedskap probeer.

‘n Beter hoop sal wees om vir die kabeljou uit te kyk. Seker bietjie vroeg nog maar binne ‘n maand of so sal dit nie so snaaks wees indien die water effens verkleur en hierdie manne begin uitdop nie. Die afgelope jaar het die gewone patroon nie gevolg nie toe die vis  van die kant af padgegee het en veronderstel was om in dieper water op te duik. Ook die geeelbek was baie skaars en slegs ‘n paar is sporadies gevang. So als en als was daar nie veel om oor te juig nie.Al wat mens in hierdie verband voor kan hoop is om positief te bly, die regte aas vir die regte vis te gebruik en te gaan lê met die boot waar jy vantevore hierdie manne opgetel het. Stel jou net voor indien een van die groter visse jou aas vat en laat waai! Dit ís mos moontlik en dit kan gebeur. Dit help nie altyd om vir die ander man te wag om die vis raak te loop nie. Dit gebeur so baie dat teen die tyd dat jy ook op die regte plek is, die vis al klaar vort is. Geniet liewer die dag, sorg dat jou hengelgereedskap in orde is en kry jou aas in die water. Môre, oormôre is dit jou beurt om aan te kondig “die vis is hier!”

Onthou

Galjoen, oop vanaf 1ste dag van Februarie tot einde, 14 Oktober.

Rooisteenbras vangs verbode.

Elf - Toe-seisoen - 1 Oktober tot 30 November, van dieselfde jaar.

Tjokka het 3 toe-seisoene. Vanaf 19 Maart tot 9 April, vanaf 23 Julie tot 13 Augustus en vanaf 19 Oktober tot 23 November, almal in dieselfde jaar.

Groete, Seemeeu

Kry jou aas in die water

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles