Gansbaai Krieketklub (KK) het die afgelope Saterdag 'n vriendskaplike wedstryd teen Kaapstad KK gespeel. Gansbaai Krieketklub het eerste gekolf en kon slegs 93 almal uit in 26.4 boulbeurte aanteken.
Gansbaai kon nie die goeie akkurate swaaiballe van Charlie (5-1-11-3), Jigger (3-0-9-2), Jerme (1.4-0-4-2); Rob (4-1-9-1) en Bevan (4-0-13-1) baasraak nie. Kaapstad KK het toe heel gemaklik, danksy MC se 47 (5x4) (1x6) lopies 94/2 in 20.4 boulbeurte aangeteken en daarmee die wedstryd met 8 paaltjies gewen.
Sondag het Gansbaai KK, hulle 4de Sondagligawedstryd tuis teen Caledon KK gespeel. Caledon KK het 1ste gekolf en danksy goeie kolfwerk van Chris 94 n.u.n (7x4) (4x6); Cobus 44 n.u.n en Niel 29 (2x4) 'n totaal van 211/3 in 40 boulbeurte aangeteken. Gansbaai KK het toe gaan kolf, en op 119/3 goed gelyk, maar ongelukkig die kluts kwyt geraak en 7 paaltjies vir slegs 24 lopies verloor, en is almal uit vir 143 lopies. Caledon wen die wedstryd met 68 lopies. Clint (8-1-29-4) en Chris (8-0-19-3) het die skade aangerig. Sportiewe groete
Heinrich Vermeulen, 082 715 3179