Resensie: Die dooies leef werklik

Resensie: Die dooies leef werklik

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Lourense se kas ratel van geraamtes wat daar gelaat is deur familiestilswye-dinge oor geslagte heen. SD Fourie skep met Die dooies leef 'n familiesage wat so werklik leef dat dit lesers selfs kan laat afdwaal in die doolhowe van 'n eie familiegeskiedenis.

Hierdie opvolgroman op Die lanternswaaier bring 'n verdieping en 'n storielyn wat vanaf die Strandveld twee Wêreldoorloë oorspan. Deur die lanternswaaier in die mantel, grootouma Sophie, se dagboek en ook dié van haar dogter, Maryna, word die verlede en hede oor tyd- en landsgrense gekoppel.

Hanna Bagiano, agterklein-dogter van Sophie Lourens, is 'n kultuur historiese navorser met 'n passie om haar Strand-veldse voorsate se geskiedenis te ontrafel.  Dit trek haar in 'n familiesage in met meer vrae as antwoorde. Die sage ontvou in Hanna se soektog na identiteit aan die hand van Sophie en Maryna se dagboeke. Beide spreek van tragedie, vuurwarm romanse, 'n weerbarstigheid en oorlog. Al is die drie vroue individue uit verskillende generasies, word hul saamgebind  deur 'n wilde streep wat moontlik verband hou met die vloek van 'n sterwende matroos. Sy skip is tot stranding gelok deur Sophie se lieglantern. Dít net vir die aas van vrag deur die strandjutter Strandveldboere.Om die verhaal te vertel moes SD groot tydspronge maak. Dit is insigself nie maklik nie, maar sy het vaardig daarin geslaag om die dooies te laat leef. Die storielyn is behou en sy het aan die dagboekskrywers elk hul eie karakter en stem gegee.Die lanternswaaier se mantel, wat die stormskepe se kapteins na die rotse help lok het met 'n belofte van veiligheid, se simboliek kry weer gestalte in die slotgedeelte van Die dooies leef. Is die vloek nou besweer?

Francois de Jongh

Resensie: Die dooies leef werklik

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles