60 Gelukkige Jare

60 Gelukkige Jare

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Geloof, Hoop en Liefde,” is Vennette (79) Bleeker se antwoord op die vraag oor ‘n gelukkige huwelik van 60 jaar. Daarmee saam gaan haar eggenoot, Johan (84) se antwoord: “Werk voortdurend aan jou huwelik, skakel krapperigheid vinnig uit en bly getrou aan mekaar.”

Die egpaar het hul huweliksherdenking saam met vriende en familie eers met ‘n oggendtee gevier en daarna met ‘n gesellige aandete in die Great White House. Hulle is 60 jaar gelede op 25 September 1954 in die huwelik bevestig en het geen kinders nie. “Dit was ‘n ‘moet’ troue,” vertel Johan met almal se koppe wat geskok in sy rigting draai. “Ek het ‘n pos in Zambië gekry, waarby ‘n gemeubileerde huis ingesluit was en ek ‘moes’ trou om die huis te kon kry!” Die egpaar is reeds die afgelope 26 jaar Franskralers en woon in hul netjiese huis met die naam: “Inos Murin” en Johan sê dit is Frans vir “desperaat”. Johan is oorspronklik van Doringbaai naby Lambertsbaai in die Weskus. Hy begin sy vakleerlingskap as elektrisiën in 1948, verhuis na Zambië in 1954 en begin in 1957 by Eskom in Bellville werk. Daar werk hy vir 32 jaar tot en met sy aftrede in 1988. Vennette het vir 30 jaar by die Bellville munisipaliteit gewerk en ook in 1988 afgetree, waarna hulle na Franskraal verhuis het.

“Familie en vriende hou aan ons moet Kaap toe verhuis om nader aan almal te wees, maar daarvoor is ons te gelukkig hier in Franskraal,” sê Vennette. “Behalwe vir die gewone ‘ouderdoms’-kwale, is ons dankbaar dat ons steeds in goeie gesondheid verkeer.”

Hardus Botha

60 Gelukkige Jare

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles