Na alles moet ons HOOP he

Na alles moet ons HOOP he

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees. ”Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van GOD nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan GOD die eer gegee.”  (Rom 4:18-20)

Die dag as jy hoop opgegee het, is alles verby. As jy niks het om na uit te sien en glad nie meer hoop vir die toekoms oorhet nie, is jy dood. Ons kan baie by die plaaslike vissermanne leer oor Christelike hoop. Dis mos baie beter om met hoop te hengel as om vis te vang, is dit nie? Elke keer wat ’n visserman ’n trae byt kry raak hy optimisties.  Vra net vir ’n visserman of hy al iets gevang het en hy sal jou gou antwoord:  “Wag net ’n bietjie! Ek dink ek voel iets!” As die lyn dan slap word sê hy: “Toemaar, hy sal weer kom!” Ja-nee, ’n visserman het altyd hoop!

Het jy geweet dat jou gees totaal en al afhanklik is van hoop?  Jy kan dalk 40 dae sonder kos bly, 8 dae sonder water, 7 minute sonder suurstof – maar nie één minuut sonder hoop nie! Sonder hoop het jy geen verwagting vir die toekoms nie; geen begeerte na ’n beter môre nie en geen geloof dat die volgende gooi ’n “grote” gaan oplewer nie.

Die Bybel sê dat die Christelike lewe gebou is op hoop. Daar bestaan nie iets soos ’n hooplose Christen nie. “U, HERE, U is my hoop, op U, HERE, het ek van jongs af vertrou.... ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof.”  (Ps. 71:5,14)  Dis met hoop dat gelowiges die toekoms aanpak – want hulle glo GOD en Sy beloftes. Soos Abraham, Moses, Josef, Dawid en ja, Jesus, moet ons op GOD vertrou en met hoop en verwagting uitsien na wat GOD nog in die toekoms vir ons gaan laat gebeur – alles ten goede! (Rom. 8:28).

Jy moet vandag kies – vir hoop! Kyk terug en sien raak hoe GOD elke oomblik van jou verlede gesorg het vir jou. Moenie dit vergeet nie. Kyk boontoe en sien raak dat GOD die hemel en aarde beheer. Kyk vorentoe en weet Hy het die toekoms in Sy Hand. Kyk rondom jou en jy sal sien GOD se engele is orals rondom jou. Kyk  na binne en weet dat jou geestesgesondheid gebou is op geloof, hoop en liefde!  Hou vas aan die hoop!

Na alles moet ons HOOP he

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles