Blommeprag met boodskap

Blommeprag met boodskap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Om jaarliks deur die kerkgebou van die NG-gemeente Stanford te stap en die blommeprag met boodskappe te aanskou, bly steeds ‘n voorreg. Vanjaar se tema was: “God, die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde”, waarmee die professionele uitstalling ook begin. Eerste is die kraai, houtkapper, suikerbekkie, swaeltjie en uil aan die beurt. “Kyk na die kraaie, hulle saai en oes nie, hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls.” (Lukas 12:24)

Daarna val die klem op die skepping van plante, bome en blomme. Ook die kroon van God se skepping, die mens, met ‘n uitstalling van Suid-Afrika se nasionale voël, die kraanvoël, Jan Fiskaal (die laksman vir die val van die mens) en die valk (wat sy prooi listing vang soos Satan wat die mens in sy mag wil kry). “God se reddingsplan kom deur die ooievaar met die spreekwoordelike koms van ‘n baba, in hierdie geval die Seun van God wat gestuur is vir die vergifnis van sondes. Nog voorbeelde in die uitstalling is die visarend, reier, vink, spreeu en andere, met die Jan Groentjie as die simbolisering van: “Die liefde is nie jaloers nie”. Die pragtige arend (Deut 32:11-12, simboliseer God se Liefde, Beskerming en Leiding elke dag.

Hierdie realistiese uitstalling van blomme, fynbos en voëls met gepaste en relevante Bybelse boodskappe en Bybelse waarhede, was weer eens ‘n lus vir die oog om te aanskou en voedsel vir die siel. Elke besoeker moes eenvoudig die rustigheid in die kerkgebou tussen die blommeprag aanvoel.     

Hardus Botha

Blommeprag met boodskap

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles