Daar is ook ander maniere van hengel

Daar is ook ander maniere van hengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die boothengelkompetisie wat Saterdag gehou is het lig in die tonnel verskaf. Die vis wat gevang is, hoewel nie vreeslik buitengewoon nie, het darem ook baie bevrediging tot gevolg gehad. Veral die geelbekke wat ingebring is het heelwat glimlagte na vore gebring. Dit, tesame met die baie jong kabeljou wat weer teruggeplaas is, laat jou met die indruk dat die kabeljou nou begin opdaag (of word die kleintjies hier gebore?) en die grotes se vangslag net om die draai is. Dan hoop ons sommer ook op die geelbekke, wat jy normaalweg so tussen-in raakloop. Kom ons hou duim vas! Daar word ook enkele tjokka by Gansbaaihawe gevang.

In hierdie rubriek bespreek ons gewoonlik lynhengel, maar ‘n aspek van hengel wat ons normaalweg nie baie aandag aan skenk nie is die manne wat dit see-in waag met ‘n duikpak en pylgeweer. Hier by ons is daar ‘n klompie ouens wat so ongesiens hulle ding doen. Dit is mos so dat die manne met die lang stokke, asook die boothengelaars maar weinig hulle prooi voor die tyd te siene kry en dan op tegniek en geluk moet staatmaak om sukses te behaal. Die duikmanne, daarenteen, kan tussen die vis beweeg en hulle prooi uitsoek. Dís darem nou baie eenvoudig gestel.

Ouens wat reeds hierdie ondervinding gehad het, sal egter weet dat dit nie so eenvoudig is nie. Buiten dat jy die duik- en skietkuns eers deeglik onder die knie moet kry, is daar wel ander faktore wat sukses kan beïnvloed.

Eerstens moet die vis ook maar teenwoordig wees en wat dít baiekeer gunstig maak is die regte see-temperatuur. Daar is goed soos strome wat dit moeiliker maak om jou vis in die visier te hou en dan is nie alle visse ewe maklike teikens nie. Die lewendige galjoen is so ‘n voorbeeld. Daar is baie aspekte wat hierdie sport baie interessant maak, maar hieroor dalk later.

Ek het met van hierdie manne gepraat en dat daar op die oomblik baie vis in ons omgewing is, is waar. Dat hulle nie altyd die aas sal vat nie, is ‘n ander werklikheid. ‘n Ou moet maar kyk watter van hierdie tipes hengel jou pas en so verseker dat jy iets vir die rooster sal hê wanneer die ander ouens droëbek sit.  Tot volgende keer, Seemeeu

Daar is ook ander maniere van hengel

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles