Basaar en Gholfdag

Basaar en Gholfdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bestuur en inwoners van Herberg-aan-See (HaS) het vele redes tot dankbare opgewondenheid. Die jaarlikse basaar op 4 September 2014 was ‘n baie groot sukses. Sommer kort daarna het hulle enorme gholfdag, geïnisieer deur John van Rooyen, Bestuurder, eweneens reuse suksesse opgelewer. Dankbaarheid - maar terselfdertyd noodsaaklike fondsinsamelingsprojekte om die Tehuis met die minimum subsidie te bedryf. Agter die basaar-suksesse staan ‘n stewige span harde werkers, Gansbaai se Goue Hande. Vele is al geskryf oor hulle en die onbaatsugtige opofferinge op verskeie gebiede deur hulle - nie nét rakende fondsinsamelingsprojekte nie.

Die basaar was weer eens bedrywig en alle werkers, asook inwoners en besoekers, word opreg bedank vir die wonderlike ondersteuning. John, wat ‘n “ou hand” in die organisering van gholfdae vanuit sy vorige werkservaringe is, het die gholfdag as ‘n “eerste” vir die Tehuis probeer - en wat ‘n sukses met 52 deelnemers was dit nie. Gansbaai OK Foods het ‘n smaaklike ontbyt geborg, asook putjies en pryse, met Die Goue Hande (weer eens!) wat vir die voorbereiding gesorg het. Radio Whale Coast en Gansbaai Courant het vir verdere bemarking gesorg en Jannie en Leon Brandt, asook Bev Swart van Gansbaai Gholfklub, het agteroor gebuig om te verseker dat die dag suksesvol verloop. André Coetzee, Besturende Direkteur: Gansbaai Marine het tydens die funksie vir ‘n verdere verrassing gesorg: R10,000 vir die Tehuis en R10,000 vir HaS se Nasorgeenheid.

John en HaS se Beheerliggaam rig graag die volgende bedankings: Putjieborge - Gansbaai OK Foods; AVBOB; Drs Christo & Zander Barnard; Kleinbaai Motors; Beheerraad; Hermanus Liquors (Natgat). Prysborge - Whilfred Chivell van Dyer Island Cruises (haaikyk); Great White Shark Tours (haaikyk); Gansbaai OK Foods; Caprichem; Grootbos; Gansbaai Superspar. Drs Christo & Zander Barnard, Marina Barnard en Russel Reevers het gratis Prostaattoetse uitgevoer (daar was ‘n “prostaat-span” ook op die gholfbaan!).

“Dan oorhoofs net weer baie dankie aan alle ondersteuners, deelnemers en borge waarsonder hierdie dag nie moontlik sou kon wees nie,” sê John. “Maar ook aan Anita van Dyk wat ‘n staatmaker was, asook Marlene van Rooyen vir haar organiseringshulp.

Navrae rakende ondersteuning en borgskappe kan aan John van Rooyen of Anita van Dyk by 028-384-0501 gerig word.

Hardus Botha

Basaar en Gholfdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles