Basaar en Gholfdag

Basaar en Gholfdag

Gansbaai Courant

Die bestuur en inwoners van Herberg-aan-See (HaS) het vele redes tot dankbare opgewondenheid. Die jaarlikse basaar op 4 September 2014 was ‘n baie groot sukses. Sommer kort daarna het hulle enorme gholfdag, geïnisieer deur John van Rooyen, Bestuurder, eweneens reuse suksesse opgelewer. Dankbaarheid - maar terselfdertyd noodsaaklike fondsinsamelingsprojekte om die Tehuis met die minimum subsidie te bedryf. Agter die basaar-suksesse staan ‘n stewige span harde werkers, Gansbaai se Goue Hande. Vele is al geskryf oor hulle en die onbaatsugtige opofferinge op verskeie gebiede deur hulle - nie nét rakende fondsinsamelingsprojekte nie.

Die basaar was weer eens bedrywig en alle werkers, asook inwoners en besoekers, word opreg bedank vir die wonderlike ondersteuning. John, wat ‘n “ou hand” in die organisering van gholfdae vanuit sy vorige werkservaringe is, het die gholfdag as ‘n “eerste” vir die Tehuis probeer - en wat ‘n sukses met 52 deelnemers was dit nie. Gansbaai OK Foods het ‘n smaaklike ontbyt geborg, asook putjies en pryse, met Die Goue Hande (weer eens!) wat vir die voorbereiding gesorg het. Radio Whale Coast en Gansbaai Courant het vir verdere bemarking gesorg en Jannie en Leon Brandt, asook Bev Swart van Gansbaai Gholfklub, het agteroor gebuig om te verseker dat die dag suksesvol verloop. André Coetzee, Besturende Direkteur: Gansbaai Marine het tydens die funksie vir ‘n verdere verrassing gesorg: R10,000 vir die Tehuis en R10,000 vir HaS se Nasorgeenheid.

John en HaS se Beheerliggaam rig graag die volgende bedankings: Putjieborge - Gansbaai OK Foods; AVBOB; Drs Christo & Zander Barnard; Kleinbaai Motors; Beheerraad; Hermanus Liquors (Natgat). Prysborge - Whilfred Chivell van Dyer Island Cruises (haaikyk); Great White Shark Tours (haaikyk); Gansbaai OK Foods; Caprichem; Grootbos; Gansbaai Superspar. Drs Christo & Zander Barnard, Marina Barnard en Russel Reevers het gratis Prostaattoetse uitgevoer (daar was ‘n “prostaat-span” ook op die gholfbaan!).

“Dan oorhoofs net weer baie dankie aan alle ondersteuners, deelnemers en borge waarsonder hierdie dag nie moontlik sou kon wees nie,” sê John. “Maar ook aan Anita van Dyk wat ‘n staatmaker was, asook Marlene van Rooyen vir haar organiseringshulp.

Navrae rakende ondersteuning en borgskappe kan aan John van Rooyen of Anita van Dyk by 028-384-0501 gerig word.

Hardus Botha

Basaar en Gholfdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles