Verjaarsdae hierdie week:
R Van Staden 21
Me VJ Olivier 22
Marleen Davin 22
R Potgieter 23
Net die mooiste word julle toegewens.
WOENSDAG 8 OKTOBER SLOEGTERS
1. Bev Swart 44 (bruto 78)
2. Charlie Bent 41 (bruto 75)
3. Solly Wessels 39
4. Dawie Viljoen 38
5. Bobby Brandt 37
Met die naaste aan die penne het Martin Wyngaard op twee van die drie gewen en hy het ook 'n spogtwee behaal. Solly Wessels het die ander naaste aan die pen gewen.
VRYDAG HOENDERKOMPETISIE 10 OKT
Bobby Brandt (21), George Hunt (20), Daniel van der Merwe (19) en Andre Roos (18) het die eerste vier plekke ingeneem.
Naaste aan die pen was Daniel van der Merwe.
SATERDAG...... HERBERG AAN SEE... DAG 11OKT
Die dag is deur die ouetehuis aangebied. Dit was 'n groot sukses. Die inwoners van ons dorp (asook 'n aantal besoekers) het weereens bewys dat hulle die oues van dae respekteer en graag iets sal en wil doen om hulle finansiele laste ligter te maak. Met 52 spelers in die veld was die kompetisie 'n uitdaging en die wenners van die Betterball kompetisie was as volg:
1. C Spanellis en M Bury 48 punte
2. D van der Merwe en L Smith 48
3. V Hunt en R Roux 47
4. L Hattingh en J Beukes 46
5. J Steyn en C de kock 45
6. S Dreyer en A Coetzee 45
Vrydagaand by die trekking sal Toekie lekker kerrie en rys verkoop Bestellings by Toekie (0722797085) of by die klub.
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com