Pieterpiet Charlie groet Gansbaai

Pieterpiet Charlie groet Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pieterpiet / Charlie Nowers (byna 80, want hy wil tog só graag 80 word!) van Gansbaai Woonwapark het besluit dit is tyd om Gansbaai te groet. “Ek tree nie af nie en ek gaan nie met pensioen nie, dus kan jy eintlik sê ek gaan in Lewendige Memoriam na Stilbaai!” sê Charlie.

Hy en sy getroue mede-werker en eggenote, Liz (71) gaan in ‘n huis in ‘n sekuriteitskompleks in Stilbaai van Liz se dogter, Sandra Viljoen en haar eggenoot, Jan van Klerksdorp woon. Hulle verhuis op Vrydag, 31 Oktober 2014 en tydens die onderhoud met Gansbaai Courant moes die gesprek kort-kort gestaak word oor die emosies wat net té veel vir hom geraak het. Alles het net op een ding heengewys: die absolute getrouheid, liefde en lojaliteit waarmee hy sy bestuurstaak vir die afgelope 22 jaar in die karavaanpark uitgevoer het. Met verwysing na sy kwalifikasies het Charlie gesê hy het ‘n “Meestersgraad” aan die “University of Life” behaal en met verwysing na sy beroepsjare beskou hy homself as ‘n “Sigeuner - rondreisende” beroepsmens.

Charlie se betrokkenheid by die Gansbaai karavaanpark sluit moeilike jare in waar hy self kruiwa gestoot het en pik en graaf gebruik het, “maar dít alles het my as mens net tot voordeel gestrek.” Gedurende 2012 was Charlie die maandwenner (September 2012) van die Gansbaai Sakekamer se Voortreflike Dienskompetisie. Hy was ook vir etlike jare ‘n aktiewe boothengellid van die Birkenhead Boothengelklub. Die skildery wat Charlie en Liz op die meegaande foto vashou, het emosionele heimweë laat opduik. Die skildery is van ‘n foto van Gansbaai Hawe in 1938 wat in 1995 deur Pieter Swart geskilder is. Charlie sê om te groet is ‘n baie moeilike taak vir hom, daarom groet hy sy vriende en Gansbaai langs hierdie weg en, vir diegene wat hom graag wil kontak, sy selnommer is 072-100-7661.

"Ek is trots op my Gansbaaibloed en en beskou myself as 'n ambassadeur vir Gansbaai, al gaan ek nou na Stilbaai,” is Charlie se afskeidswoorde. 

Hardus Botha

Pieterpiet Charlie groet Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles