Familie vier Fees

Johnny van Rensburg het Saterdagaand sy 72 ste verjaardag saam met familie en vriende in die Birkenhead Bootklub gevier. Johnny wat Maandag 20 Oktober verjaar het, het ook sy en Christine (neé Kees Fourie) se troudag 47 jaar gelede Dinsdag gevier. Christine was vroeër matrone by Herberg-aan-See. Johnny is tans ongesteld en ontvang behandeling in Tygerberg Hospitaal.

Die egpaar het 'n seun, Hein, en 2 dogters, Mandi en Christelle. Hein wat met Christelle Duvenhage getroud is, het 'n seun, Dyllon, en dogter, Allison.  Christelle is getroud met Kennett Lubbe. Hulle het twee dogters Chané en Judine. Mandi is getroud met Chris Alblas en ook hulle het twee dogters, Nelisha en Judine.

Francois de Jongh

Christine en Johnny van Rensburg