Nuwe Toerismebestuur

Nuwe Toerismebestuur

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Toerisme se Algemene Jaarvergadering op 25 September 2014 was propvol positiewe nuus oor die vorige termyn. Die uittredende voorsitter, Johan Pieterse het breedvoerig verslag oor die Buro se werksaamhede gedoen. “Soos die vorige jaar, was dit weer eens ‘n jaar vol van uitdagings, maar ook ‘n opwindende jaar,” het hy gesê.

“Soos almal weet speel die ekonomiese toestande ‘n groot rol en mense vind dit finansieel moeilik om te reis, wat die taak van toerisme des te meer uitdagend maak om toeriste na die omgewing te lok.” Johan het sy waardering teenoor die uittredende komitee, asook Gansbaai Toerisme se Bestuurder, Glenda Kitley en haar personeel vir getroue ondersteuning en harde werk gedurende die jaar uitgespreek.

Glenda het die vergadering ingelig oor die kantoor se vele aktiwiteite en verskeie besoeke aan Toerisme-aanbiedinge elders, asook die kantoor se betrokkenheid by etlike Gansbaai-inisiatiewe. Die nuwe Toerisme Komitee wat verkies is, is Brenda du Toit (voorsitter), Caron Lee (ondervoorsitter), Hardus Botha (tesourier) en Glenda Kitley (sekretaris), met addisionele lede as Gina Boysen, Gregg Charlesley, Chrizulene van Niekerk, Katrina Adams en Hannes Linde. Die eerste vergadering van die Komitee het reeds plaasgevind en portefuljes soos Bemarking, Media en Ontwikkeling is aan die onderskeie komiteelede toegeken, met Glenda wat vir die oorhoofse administrasie as Bestuurder verantwoordelik bly. Johan het die nuwe Komitee alle sterkte in hul werksaamhede toegewens.

Na afloop van die vergadering is ‘n blyk van waardering aan Bill Clarke van McClarke’s Selfcatering Units oorhandig, wat op 3 September sy 90ste verjaardag gevier het. Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00.

Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.

Hardus Botha

Nuwe Toerismebestuur

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles