Daardie is 'n ware Christen Iemand wat GOD regtig lief het

Daardie is 'n ware Christen Iemand wat GOD regtig lief het

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie.” (Joh 1:47) 

Wat sal Jesus van jou en my sê as Hy ons na Hom toe sien aankom? As jy deur die strate van Gansbaai en Suid-Afrika stap, dink jy die mense kan sien jy is ’n Christen? Want dit kan nie anders nie, as jy sê jy is ’n Christen moet dit aan jou vrugte wat jy dra,  duidelik word! “Elke boom word aan sy eie vrugte geken.” (Luk. 6:44) sê die Woord Van GOD. En verder sê Jesus ook: “Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.” (Joh 15:2)

Baie van ons dink dat ’n Christen altyd op die voorste sitplekke moet sit en harder as al die ander mense vir die kerk  moet werk. Kyk nou maar na hierdie Natanael, ’n dissipel van Jesus. Die oomblik as Jesus hom sien dan sê Jesus van hom: “Hierdie is ’n ware Israeliet, ’n man in wie daar geen bedrog is nie.”  Wat interessant is dat ons eintlik niks meer van Natanael lees in die Bybel behalwe hierdie paar verse in Johannes 1 nie. Tog is die woorde wat Jesus van hom sê een van die mooiste getuienis wat van iemand in die Bybel gesê word.

Wat gaan Jesus van jou sê?  Nie noodwendig dat jy die grootste tiende gegee het of die hardste vir die basaar gewerk het nie; of dat jy darem een of twee keer per maand in die kerk gekom of partykeer jou Bybel gelees het nie. Dit is nie wat regtig saak maak nie.

Dalk sal jy graag eerder die volgende woorde van Jesus wil hoor:

“Hier is ’n ma en pa wat tyd gehad het om met hulle kinders te speel en te praat!”

“Sy het graag met mense gepraat oor GOD se wonderwerke wat elke dag rondom haar gebeur.”  “Hy is ’n kind wat sy ouers en meerderes gerespekteer het.”

“Hy het moeite gedoen om die lewe vir ander makliker te maak – nooit aan homself eerste gedink nie.”  “Jy kon maar enige tyd met hom sake doen – hy het almal regverdig en gelyk behandel.” “Kyk net hoe mooi praat hy met sy vrou!”

Ja, GOD kyk diep in jou hart in as Hy iets oor jou wil sê. Jy kan Hom nie bedrieg nie – en al was jou verlede hoe swart en donker, vol foute en mislukkings – Hy het jou lief soos jy is. Van Dawid, ’n man met bloed en skande op sy hande sê GOD self:  “Dis ’n man so na My hart!” (Hand. 13:22) Hoekom word dit van Dawid gesê? Omdat Hy GOD lief gehad het met sy hele hart en siel! 

Mag GOD van my en jou ook sê: “Daar loop een wat My regtig lief het!”

Daardie is 'n ware Christen Iemand wat GOD regtig lief het

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles