Fynboskleuters op uitstappie

Fynbos Akademie se Gr R- en Gr RR se kleuters was onlangs op ‘n onvergeetlike uitstappie na die akwarium. As bonus het hulle ook nog op Jolly Rodger se boot gevaar. “Hierdie klassies het ook onlangs nuwe ‘fantasie’ meubels ontvang,” vertel Annelize Zeelie van Fynbos Akademie, sowat 20km vanuit Stanford. Fynbos Akademie het gedurende 2011 as ‘n Dagsorgsentrum begin, maar het intussen na ‘n volwaardige laerskool uitgebrei - vanaf Gr RR tot Gr 4.

Lesers word ook herinner aan die belangrike veiling ten bate van die skool se Hopeland Projek op 8 November 2014 by “The Market Green”, Stanford om 11:00. Dit is om die Fynbos Gemeenskap Stigting se 2de projek in Stanford te begin, naamlik die Hopeland After School Centre. 

Die gebou is in die industriële gebied gekoop, waar die  kindertjies uit die gemeenskap in die middae na skool ‘n ete ontvang en met huiswerk en sport gehelp word. Etlike “wiele”-items gaan opgeveil word, soos: Morris Minor (1966), Ford Anglia (1966), VW Beetle (1966, Chev Firenza (1973), Austin Mini 1000 (1969), MF Trekker, bakkies, karavane, fietse, meubels en veel, veel meer.

“On the outskirts of Stanford is an area called “Hopland”. The signs of poverty are everywhere. Unemployment is rife, whilst burglaries have become a given. Drug abuse has become a major concern. Hope through the Hopeland Project is supported by the Fynbos Community Foundation. The Governing Body of the Fynbos Community Foundation has decided to offer the children of Stanford the best possible facility where children can spend time after school and purchased a building at a cost of R850,000 (+ VAT),” het Koos Smith gesê.

Vir navrae kan Koos Smith by 082-456-8238 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan myshare@hopeland.co.za.                                  

Hardus Botha

 Hier speel Jasmin, Nadia, Tracy-Lee, Ruby en Jaydri met hulle poppe