“Drie jaar gelede het prof Leon Hugo Perlemoen Staptoere as ‘n stokperdjie begin om homself ná sy aftrede besig te hou (en uit sy vrou se kombuis uit),” vertel Karen Anderson, die nuwe eienaar van Perlemoen Staptoere.
‘n Jaar gelede het die hoogs-gekwalifiseerde Karen, met vele jare se ondervinding in Senior Bestuur met etlike besighede wat al onder haar bekwame eienaarskap die lig gesien het, by prof Hugo aangesluit. Karen weet wanneer sy ‘n goeie ding beetkry en het uiteindelik daarin geslaag om prof Hugo se arm genoeg te draai om die besigheid aan haar te verkoop.
Die baie gewilde Perlemoen Staproete het oor die afgelope 3 jaar ‘n merkwaardige impak op Gansbaai se gemeenskap en besoekers gehad, met ‘n span uitstekende gidse. Hulle behartig enige grootte groepsbesprekings vanaf akkommodasie, maaltye en roetes tot by ander aktiwiteite soos haaiduik, perdry, bootritte en veel meer. “Die staproetes word ook nou na ander areas uitgebrei,” vertel Karen.
Met die maand Oktober wat vol bespreek is, asook verskeie 2015-besprekings, lyk die toekoms “staptog”-pad van Perlemoen Staptoere sonder twyfel rooskleurig!”
Hardus Botha