Dink waaraan jy dink al is jy kind

Dink waaraan jy dink  al is jy kind

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Al klink ek soos ‘n een-snaar-kitaar-musikant, sal ek myself nooit sover kan kry om stil te bly oor die lewensbelangrikheid van positiewe denke nie.  ‘n Mens se sintuie is die poorte tot jou gedagtes. Jou gedagtes bepaal jou ingesteldheid teenoor die  lewe. Elke mens besit die breinkrag om te kies wat hy met sy gedagtes wil maak: koester of afweer.  Maar ook net tot op ‘n punt voordat die brein dit permanent vaspen. Ons moet net eenvoudig aanleer om meer bedag te wees op ons gedagtes.  ‘n Mens moet oordink waaraan jy dink, veral wanneer dit toksies van aard is. Die werking van die brein gee ons kans om te besluit of ons ons gedagtes in permanente herinneringe wil liasseer en of ons dit liewer heeltemal uit ons gestel wil verban.

As ek die begrip aan ‘n Graad Een leerdertjie moet verduidelik, sal die storie so lui:  alles wat by jou ore, oë, neus, mond en vel ingaan, gaan lê in ‘n saadkissie wat ons die talamusnoem.  Die saadjies groei en word bome met takke wat heeltyd groei en afbreek en weer aangroei. Daar groei ook blaartjies wat ons selletjies noem.  Hulle help die serebrale korteks om te besluit wat hy met daardie inligting wil maak. Wanneer die brein klaar sy besluit gemaak het, kom daar blommetjies. Die takkies met blare en blommetjies gaan na ‘n sorteertafel, die hipotalamus. Die blommetjies word hier uitgesoek en eenkant gehou waar dit veilig is.  Die takkies met orige blaartjies word weer terug gesit aan die boom en met chemiese stowwe en en elektriese impulse behandel sodat nuwe blommetjies kan vorm. Hier moet jy die brein help om soveel as moontlik blommetjies te  kweek want uiteindelik gaan hy al die ou blare weggooi in ‘n vertrek wat die onderbewussyn genoem word. Die goed wat hier beland, bly vir jare lank daar. Dit kan naderhand so vrot word dat dit jou liggaam baie siek kan maak. Dit klink na ‘n baie swaar werk, maar gelukkig het die brein ‘n kleinskermpie waarop jy kan sien watter  blommetjies jy alreeds bymekaar gemaak het.  Dit noem ons die amigdala. Dit maak dit vir jou makliker om te besluit watter blommetjies jy regtig wil hou. Dit is ook die laaste kans wat jy het om te besluit wat jy wil hou en wat jy wil weggooi. Ja, jy kan hier selfs vir jou brein vra om die lelikste blommetjies en die dooie blare liewer maar net te laat wegraak – die brein kan dit doen - en dit nie in die onderbewussyn te gaan gooi nie. Tot op hierdie punt kan jy nog saam met jou brein werk om vir jouself ‘n mooi blomtuin te skep. Jy moet dus baie mooi dink hieroor.

In die volgende stap werk die brein op sy eie terwyl jy snags slaap. Nou kan jy nie meer help nie. Hy werk dan in die donker kamer, die hippokampus. As jy iets slegs of leliks gedoen het, wat jy vir niemand wil vertel nie, gaan die brein dit nou in jou onderbewussyn wegberê. Dit is dooie blare en siek blomme wat gaan vrot word. Dit gaan ‘n deel word van wie jy is en dit gaan jou ongelukkig maak. Sonder dat jy dit besef kan dit jou allerhande siektes gee wat pille nie sommer kan gesondmaak nie.  Ons wil nie dit hê nie. Kom ons begin dus weer heel voor waar ons gesê het alles wat by ons sintuie ingaan, maak ons wie ons is. Kyk dus net na goeie televisie programme, dvd’s en speletjies. Moenie luister na lelike praatjies en vloekery nie. Moet niks by jou mond  laat ingaan wat verkeerd is nie. Moet ook niks slegs van ander sê nie. Moenie aan iets ruik wat jou skade kan aandoen nie. Moenie toelaat dat iemand iets aan jou doen  wat nie reg voel nie.  Moenie toelaat dat mense onnodig aan jou vat nie en hou jou eie hande ook van ander af.  Gebruik jou mond om met iemand te praat oor dinge wat jou hinder. Moenie vrot blare bymekaarmaak nie;  skep vir jou ‘n mooi blommetjiestuin.

Carine Badenhorst

Dink waaraan jy dink  al is jy kind

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles