Tekens van kabeljou en iets oor die duiksport

Tekens van kabeljou en iets oor die duiksport

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die tekens van kabeljou wat vanjaar vroeg hulle verskyning gaan maak is hier, heelwat (meestal ondermaat) visse is reeds aangekeer. Daar is wel geelbek gevang maar dis nog die uitsondering. Ons kan net hoop dat hierdie gewilde visse wel binnekort gesig gaan wys. Probeer is die beste geweer!

Die manne met die pylgewere het iets op die hart. Calla Leeuwner was eers ‘n kommersiële duiker en duik die afgelope drie jaar op soek na sy vis met ‘n duikpak en pylgeweer. (Wat is die regte benaming? Spiesduik, afgelei van die Engelse “spear diving” klink so half verwarrend!) Hy sê daar is sekere reëls wat hy streng toepas met die klompie manne wat hierdie sport met hom beoefen, hulle skiet nie na skaduwees nie, geen gelaaide wapens buite die water nie, alle reëls moet gehoorsaam word en nog een is dat geen ondermaat vis geskiet sal word nie. Onverskilligheid kan seerkry tot gevolg hê, dus moet hulle te alle tye versigtig wees. Wat wel moeilik is is om die vis se grootte onder water reg te bepaal. Sy grootste hottie sover was een van 2,9 kilogram en ‘n mosselkraker van 62 cm. Met haaie sê hy, het hy vrede.

Calla (0828431260), tesame met Junior Kruger (028 3842364) hoop om binnekort hulle groepie uit te brei, (veral jongmense is welkom) en enige belangstellendes kan met hulle in aanraking kom. Hulle waarsku egter dat enigeen wat met duistere motiewe wil aansluit beslis nie welkom is nie. Hulle sal streng reëls neerlê wat suiwer sal gaan oor duik en die skiet van vis met ‘n pylgeweer. Calla sê die groot voordeel van hulle sport is hoe mooi dit onderwater is, die uitdaging wat dit bied en die gesondheidsaspek.

Hulle het  wel ‘n groot probleem en dit behels dat mense hulle nie as gewone sportmense beskou nie en sodra hulle die duikpakke sien, assosieer hulle dit met “poachers”. Die teendeel, sê hy, is waar. Almal het permitte, die owerhede weet van hulle, dis dus wettig en dis baie bevredigend om die tydjie so genotvol in die natuur deur te bring.

Seemeeu

Tekens van kabeljou en iets oor die duiksport

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles