Tekens van kabeljou en iets oor die duiksport

Tekens van kabeljou en iets oor die duiksport

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die tekens van kabeljou wat vanjaar vroeg hulle verskyning gaan maak is hier, heelwat (meestal ondermaat) visse is reeds aangekeer. Daar is wel geelbek gevang maar dis nog die uitsondering. Ons kan net hoop dat hierdie gewilde visse wel binnekort gesig gaan wys. Probeer is die beste geweer!

Die manne met die pylgewere het iets op die hart. Calla Leeuwner was eers ‘n kommersiële duiker en duik die afgelope drie jaar op soek na sy vis met ‘n duikpak en pylgeweer. (Wat is die regte benaming? Spiesduik, afgelei van die Engelse “spear diving” klink so half verwarrend!) Hy sê daar is sekere reëls wat hy streng toepas met die klompie manne wat hierdie sport met hom beoefen, hulle skiet nie na skaduwees nie, geen gelaaide wapens buite die water nie, alle reëls moet gehoorsaam word en nog een is dat geen ondermaat vis geskiet sal word nie. Onverskilligheid kan seerkry tot gevolg hê, dus moet hulle te alle tye versigtig wees. Wat wel moeilik is is om die vis se grootte onder water reg te bepaal. Sy grootste hottie sover was een van 2,9 kilogram en ‘n mosselkraker van 62 cm. Met haaie sê hy, het hy vrede.

Calla (0828431260), tesame met Junior Kruger (028 3842364) hoop om binnekort hulle groepie uit te brei, (veral jongmense is welkom) en enige belangstellendes kan met hulle in aanraking kom. Hulle waarsku egter dat enigeen wat met duistere motiewe wil aansluit beslis nie welkom is nie. Hulle sal streng reëls neerlê wat suiwer sal gaan oor duik en die skiet van vis met ‘n pylgeweer. Calla sê die groot voordeel van hulle sport is hoe mooi dit onderwater is, die uitdaging wat dit bied en die gesondheidsaspek.

Hulle het  wel ‘n groot probleem en dit behels dat mense hulle nie as gewone sportmense beskou nie en sodra hulle die duikpakke sien, assosieer hulle dit met “poachers”. Die teendeel, sê hy, is waar. Almal het permitte, die owerhede weet van hulle, dis dus wettig en dis baie bevredigend om die tydjie so genotvol in die natuur deur te bring.

Seemeeu

Tekens van kabeljou en iets oor die duiksport

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles