So het ons aan die einde van ons vliegseisoen gekom. Die laaste twee wed-vlugte het vir baie verrassings gesorg. Slegs Louis&Johannes en Ashlon Leonard het kans gesien om Bloemhof te vlieg. Die duiwe is Vrydagoggend om 06h00 losgelaat en moes 967km (GPS) gemeet vlieg.
Louis & Johannes klok sy eerste duif Vrydagmiddag om 18:17:27. Modderrivier duiwe is Vrydag 08:45:00 losgelaat, die eerste duif arriveer Vrydagmiddag 18:26:30.
Bloemhof OPE
Louis & Johannes 1ste, 2de
Modderrivier OPE
Louis & Johannes 1ste, 5de, 6de, 7de, 8ste, 13de
H Hitge B 2de, 3de, 15de, 16de, 17de, 20ste
D Smith 4de, 9de, 11de, 12de
H Hitge A 10de, 14de, 18de, 19de
Corinne & Janine moes weereens onttrek.
Groete Corinne