Oranje vir Scattered Links

Oranje vir Scattered Links

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gansbaailede van Scatteredlinks, Overberg Chapter se jaarlikse liefdadigheidsprojek skop vanjaar sommer vroeg-vroeg af. Helder oranjekleurige kartondose sal in etlike besighede in die dorp opgemerk word. Welkome donasies soos nie-bederfbare voedsel, toiletware, speelgoed, kleertjies of wat-ookal kan tydens inkopies daarin geplaas word.  “Kontantdonasies vir die aankoop van sodadige items sal ook verwelkom word,” sê Juanita Maree, een van die organiseerders. Die bekende motorfietsklub se voorsitter is Pieter Maree en hulle beplan om die inhoud van die kartondose gedurende die week voor Kersfees in Gansbaai onder alle gemeenskappe met hulle motorfietse uit te deel.

Jaarliks het hierdie optrede van hulle vir buitengewone opwinding onder die kinders gesorg en daar kon ook groot-oog na die blink ysterperde gekyk word en selfs voel hoe dit voel om opgelaai te word. “Ons vertrou dat ons net soos in die verlede wonderlik deur die publiek ondersteun sal word, aangesien die behoefte vir hierdie donasies onder alle gemeenskappe in ons dorp baie groot is,” sê Juanita. Die klub se e-pos adres vir navrae is scatteredlinks.overberg@gmail.com. Navrae rakende donasies, die oranjekleurige kartondose en die prosedures rakende die projek, kan aan Wilna by 072-109-8728 gerig word, of skakel Juanita Maree by 083-665-5341.

Hardus Botha

Oranje vir Scattered Links

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles