Laerskool Gansbaai mag wel Maandag, 13 Oktober 2014 ‘n volle 108 jaar oud gewees het, maar met die hulp van Chrizulene van Niekerk en ons sekretaresse, Annette Wessels, vergelyk ons skool se ingangsportaal nou met enige van ons buurskole.
Chrizulene en Annette het ‘n paar maande gelede begin om koppe bymekaar te sit en siedaar… Almal wat die afgelope paar weke by ons voordeur (ook ‘n nuwe baadjie) ingeloop het, skud hulle koppe in ongeloof.
Dankie Chrizulene (en jou regterhand, Chris) vir al die ure wat julle op jul knieë deurgebring het om strepe te verf, pilare te pleister, kaste te skuif en vensters skoon te maak. Annette het gesorg dat ou stoele nuwe lewe kry en kussings oorgetrek word, haar kantoor geverf en selfs haar lêers vernuwe om by die dekor te pas. Julle harde werk word opreg waardeer!
Dankie ook aan ons 2014 Leerlingraad vir hulle geldelike hulp wat gedeeltelik gehelp het met die verfraaiing. Dit het beslis gehelp om die begroting te laat klop!
Personeel en leerders, Laerskool Gansbaai