Bietoubossers kuier met Woord en Kuns

Bietoubossers kuier met Woord en Kuns

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 Dames en gaste van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders het op 14 Oktober 2014 gesellig met “woord en kuns” saamgekuier. Elizma de Lange van die klub vertel dat Hettie Oosthuizen almal met ‘n prettige voorlesing van “Die Koei”, geskryf deur ‘n laerskoolleerder, vermaak het.

“‘n Mens kan jou maar net dié prentjie voorstel as dit eindig met ‘en as die koei vas in jou oë kyk, moet jy hardloop, want dan is dit ‘n bul….’,” vertel Elizma. Terselfdertyd kon die besoekers hulself verlustig in ‘n uitstalling van skilderye deur Olga Swanepoel en haar leerlingkunstenaars. Olga het aan die dames vertel hoe haar belangstelling in kuns ontstaan het uit haar werk in die Botaniese rigting toe sy aanvanklik verskillende plantspesies geteken het. “Waarom skilder ‘n mens? - Omdat jy wil en omdat jy dit geniet en in die proses vergeet jy van al jou sorge,” het Olga van “Kwaskanades” gesê.

Volgens Olga het elkeen sy/haar eie styl, en het met die skilderye wat sy saamgebring het, geïllustreer hoe die skilder deur ou skilders soos Van Gogh, Irma Stern en Pierneef geïnspireer word om hulle werke en styl te bestudeer. “Met die pragtige skilderye in die agtergrond, heerlike verversings, tee en goeie geselskap is die oggend genoeglik afgesluit,” sê Elizma. Die verantwoordelike gasvrouens vir die byeenkoms was Anita Huisamen en Annette van Zyl.

Vir Bietoubos-navrae kan Annette van Zyl (voorsitter) by 028-384-1075 gekontak word.

Hardus Botha

Bietoubossers kuier met Woord en Kuns

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles