Steven Breytenbach, ‘n personeellid van Overstrand Medical Response, verlaat OMR se diens na bykans 2 jaar op 29 Oktober 2014.
Steven en sy eggenote begin ‘n nuwe fase in hulle lewe en verhuis derhalwe na die Weskus.
Steven het op 15 November 2012 by OMR begin werk.
Hiermee wil Overstrand Medical Response en sy lede net hulle hartlike dank teenoor Steven uitspreek vir sy harde en onselfsugtige werk oor hierdie tydperk en wens hom die allerbeste toe vir die toekoms aan die Weskus.
Riaan Buys