Wag jy ook vir daardie oproep

Wag jy ook vir daardie oproep

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” (Open. 3:20)

Ken jy dáárdie gevoel as jy wag vir ’n belangrike oproep? Dalk het jy aansoek gedoen om ’n werk en jy moet hoor of jy die betrekking gekry het. Dit kan dalk wees dat jy bekommerd is oor jou kinders vêr in die vreemde en jy hoor niks van hulle nie. Miskien is jy die man of vrou wat deur jou geliefde verlaat is en jy sit angstig en wag en kyk na jou selfoon of daar nie tog weer ’n oproep gaan deurkom nie. Dalk onthou jy nog jou skooldae toe jy gehoop het die afrigter bel en sê jy het plek in die span gekry.

Ons almal wil tog maar voel dat iemand ons nodig het, of ons gaan bel om te hoor hoe dit met ons gaan. Wat erger is as die wag, is die teleurstelling as die dag verby is en jy moet gaan slaap sonder dat iets gebeur het. Dis baie moeilik om só ’n situasie te verwerk. Dalk is Psalm 4:5 hier ’n antwoord: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!”  Dis ’n kuns wat ons moet aanleer en dit werk beslis: Om enige onafgehandelde taak of situasie netjies toe te vou en dit aan die HERE oor te gee. Jy moet besef Hy is in beheer – en Hy weet die beste en watter tyd is die beste!

Tog is daar één oproep waarvoor jy nooit moet ophou wag nie. Dit is wanneer die HERE Jesus aan jou deur kom klop en jou nooi om saam met Hom maaltyd te hou. (Open. 3:20) Ja, ons HERE Jesus wil graag saam met Sy kinders leef en hulle lewe met hulle deel. Hy wil deel wees van jou huislike lewe, jou werk, jou skool en jou ontspanning. Pasop dat jy nie te besig raak met jou eie lewe en glad nie daardie klop aan jou deur hoor nie! Want, jy sien, die deur kan net van die binnekant af oopgemaak word, van jou kant af! GOD klop en jy moet oopmaak! GOD roep en jy moet antwoord. Sy arms is uitgestrek na jou – maar jy moet self in sy arms inhardloop!

Die volgende keer as jy vir ’n belangrike oproep wag – dink bewustelik daaraan dat GOD jou ook bel, of roep, of uitnooi, om die res van jou lewe hier op aarde en die hele ewige lewe, saam met Hom te wees! Hoor jy dáárdie selfoon lui? Antwoord gou – dis dalk die HERE!

Wag jy ook vir daardie oproep

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles