5de Academia Prestige aand

5de Academia Prestige aand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 Die vyfde Prestigeaand van Gansbaai Academia, waar die skool se toppresteerders vir die jaar vereer word, het op Donderdagaand 23 Oktober in die skoolsaal plaasgevind. Die luisterryke aand is deur verskeie eregaste soos me Wendy Colyn (kringspanbestuurder), mnr John Philander (IBB in die onderwysdepartement), me Adel Geldenhuys (Taurus) en me Antoinette Swart bygewoon. Verder het van die skool se groot vriende van Amerika, Joan en Peter Vaughan van Partners For Possibilities, en me Sybill Oktober, afgetrede hoof van Die Bron Laerskool, ook die aand bygewoon.

Die verrigtinge, gereël deur me Helen Segal en haar span onderwysers, het seepglad verloop. Pragtige optredes deur Academia se skoolkoor en Marimba orkes is ingesluit om die verskeie prysoorhandigings af te wissel. Ons hoofspreker van die aand was mnr Zolani Mbeki, deesdae rekenmeester by Eskom hoofkantoor in Johannesburg en bekende motiveringsspreker. Mnr Mbeki is ‘n boorling van Masakhane en het ‘n ruk by die plaaslike Superspar gewerk. Hy het sy verlede gebruik om te illustreër hoe enigiemand deur deursettingsvermoë sy drome waar laat word. Hy het ook die leerders vertel hoe gelukkig hulle is om ‘n pragtige skool in Gansbaai te hê want hy moes in sy jeug reis na Qhayiya Sekondêre Skool  in Hermanus.

Mnr Chimani Pan, ‘n bekende akteur, het vir mnr Mbeki vergesel en het in sy toespraak ook weereens beklemtoon hoe gelukkig die leerders is om so ‘n skool te hê en hoe hulle die geleentheid met albei hande moet aangryp om hulle lewe te verander. In sy toespraak het hy verwys na die haglike omstandighede met net dwelmbaronne as rolmodelle toe hy grootgeword het in Mitchells Plein, maar weereens beklemtoon dat enige iemand kan uitstyg uit so ‘n agtergrond. Hy het ook ‘n staaltjie vertel van sy besoek hierdie jaar na Ghana om ‘n rolprent te maak en gesê dat die moeilike omstandighede waarin sommige leerders grootword ‘n piekniek is in vergelyking met die omstandighede wat hy daar teegekom het.

Mnre Mbeki en Pan se toesprake was so hoogs motiverend dat die hoof, mnr Tommy Wilson, hulle oombliklik uitgenooi het om weer die volgende oggend met die leerlinge in die saal te kom praat, juis om van ons nie presteerders te motiveer om hulle bes te doen om te verbeter. Hulle het die uitnodiging vinnig aanvaar en was op diens om agtuur die volgende oggend voor hulle vlug terug na Johannesburg.

Die topleerders vir graad 8 tot 12 vir 2014 in volgorde is De-Hann du Plessis, Heinrich van der Merwe, Rene Wessels, Verreynne van Tonder en Andisiwe Wulana. Mnr Mbeki was veral baie beïndruk met Andisiwe se pragtige prestasies want sy is ‘n niggie van hom wat van sy geboortedorp Tsomo in die Oos-Kaap kom.

Verskeie trofees oor die jare geskenk deur individue en firmas soos Superspar, OK Foods, Gansbaai Fisheries en Credo Bouers is aan ons leerders oorhandig, onder andere:

Gansbaai Courant Prys vir Kreatiewe skryfwerk – Malcolm Mulope

Sportvrou vd jaar – gedeel deur Jay-Lee Swart en Zandre Otto

Sportman van die jaar – Nardie Groenewald

Superspar Meisie Dux – Jennica Conradie

Superspar Seuns Dux – Malcolm Mulope

Superspar Senior Dux – Samkelo Mabona

Prinsipale Trofee – Jack Swart

Laastens is die matriekraad vir 2015 aangekondig. Die skool se vier leiers vir volgende jaar is Chandri Bekker (onder hoofmeise), Malcolm Mulope (onder hoofseun), Jennica Conradie (hoofmeisie) en Verreynne van Tonder (hoofseun).

Gansbaai Academia wil graag baie dankie sê aan Superspar wat die diplomas gedruk het, asook vir Saxon Lodge wat die akkommodasie vir ons gassprekers verskaf het. Verder vir Mnr Mbeki se Foundation wat sy eie en mnr Pan se reiskostes betaal het. Julle almal maak ‘n verskil.

Liezel Mostert

5de Academia Prestige aand

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles