Chomps vir Borskankerpretstap

Chomps vir Borskankerpretstap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Al het die weer nie saamgespeel nie, het die positiewe deelnemers vanjaar se Franskraal pretstap ten bate van ‘Reik na die Herstel’ bewys dat mense werklik omgee,” vertel Annaleen Genade, organiseerder van die pretstap op 16 Oktober 2014. Gelukkig het die reën met die terugstap bedaar en die deelnemers kon die saamkuier en prysuitdeling geniet.

Elke deelnemer het ‘n Chomp met die komplimente van Gansbaai Superspar ontvang: “CHOMP - Christus Help Ons Met Probleme”. Met Chrizülene van Niekerk se pienk- en groen getooide bome in Hoofstraat is Borskankermaand nog vars in almal se geheue. Annaleen het die deelnemers kortliks oor enkele borskanker-aspekte ingelig. Hulle is daarvan bewus gemaak dat pasiënte met borskanker deur ‘n Vrywilliger in die hospitaal of tuis besoek word. Behalwe vir die ondersteuning, ontvang elke pasiënt die volgende gratis items: dreinsakkie, kussinkie vir onder-arm, oefensponsie, tydelike “softee”, inligtingsboekie en brosjures met inligting oor moontlike behandelings wat kan volg na ‘n mastektomie. 

“Hierdie hulpmiddels word deur die Vrywilligers self gemaak en alle fondse wat ingesamel word, word daarvoor gebruik, asook om literatuur te laat druk en om die Ditto Projek (gesubsidieerde silicone prostese) aan pasiente te verskaf,” vertel Annaleen.

Gelukkige prystrekkings kon met die samewerking van die volgende borge plaasvind: Bon-Bon Materiale (pienk strikkies), Corra’s Klerewinkel (geskenkbewys), Gansbaai Book Exchange (geskenkbewys), Gansbaai Superspar (Chomps), Franskraal OK Value (geskenkbewyse), Pancake House & Chicken Land (geskenkbewys) en Protea Flora Bloemiste (blommeruiker).

“Baie dankie ook aan Gansbaai Courant vir die gratis publisiteit,” sê Annaleen. “Op spesiale versoek van werkende persone sal ons vir volgende jaar ‘n Skemerstap oorweeg.”

Vir meer inligting rakende die plaaslike Vrywilligers van Reik na Herstel Borskankerondersteuning Organisasie se Annaleen Genade by 072-523-0650 of Andriette Bruwer by 071-543-0904 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan Annaleen by annaleen.genade@gmail.com.

Hardus Botha

Chomps vir Borskankerpretstap

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles