Iona se Pinot Noir

Iona se Pinot Noir

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde se onlangse byeenkoms het soos gewoonlik baie gesellig verloop. Aan die beurt was Iona Wynkelder se uniek wyne, veral hulle Pinot Noir, wat deur Werner Muller in Tolbos Bistro van Annemarie Watney aangebied is.

Om die ys te breek het Werner hulle 2014 “Sophy Terreblanch” (Sauvignon blanc) as voorsmaak aangebied. Werner is een van min suksesvolle wynmakers wat nie oorspronklik vanuit wynbou-geledere afkomstig is nie. Hy verwerf sy kwalifikasies in 2003 aan Elsenburg, Stellenbosch en sy eerste kennismaking met die wynbedryf is by Warwick Estate by Stellenbosch waar hy vir 2 jaar werk. Hy maak gebruik van vele geleenthede om oorsese ervaring op te doen en te La Crema in die Russiese Vallei in California byt die gogga van Chardonnay en Pinot Noir hom behoorlik.

Na sy terugkeer word hy as assistant wynmaker te Chamonix, Franschhoek aangestel waar hy sy passie vir Chardonnay en Pinot Noir kon uitleef. In 1998 word hy as wynmaker aangestel en kon hy voluit op hulle Sauvignon blanc, Chardonnay. Pinot Noir en Estate Red Blend fokus. Die puik wyne wat daarna deur Werner te proe aangebied is, was 2014 Iona Sauvignon blanc, 2013 Iona Chardonnay, 2013 Mr P Knows Pinot Noir, 2009 Iona One Man Brand en 2012 Iona Pinot Noir - met goud en sterk silwer toekenning deur die gaste.

Annemarie se Tolbos Bistro het vir ‘n aangename atmosfeer gesorg, met Wayne Devitt (sjef) se spyskaart wat weer eens van hoogstaande gehalte was. Die bypassende voorgereg, ete en nagereg was so smaaklik soos net Wayne dit kan voorberei. Die gebruiklike blyke van waardering is soos volg hanteer: Jane Bailey aan Werner Muller (aanbieder), Philip Fourie aan Annemarie Watney (Tolbos Bistro) en Lorainne Fourie aan Wayne Devitt (sjef).

Navrae rakende Gansbaai Wynproegilde se byeenkomste kan aan Amanda de Vries by 028-388-0708 gerig word, of stuur 'n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Iona se Pinot Noir

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles