Overberg Agri te Stanford se opgegradeerde vulstasie is voltooi.
Bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 07:30 tot 17:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 14:00.
“Baie dankie aan alle kliënte vir die geduld tydens die opgradering van die vulstasie,” sê Granville Johannes, Bestuurder.
“Kennis kan geneem word dat die vulstasie en winkel nie slegs tot boere se beskikking is nie, maar dat die publiek eweneens welkom is.”
Die telefoonnommer is 028-341-0691.
Francois de Jongh