Amper tyd vir groot aksie

Amper tyd vir groot aksie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar word wel kabeljou gevang en by Holbaai is daar mooi visse aangekeer, en ook heelwat kleintjies, en die voorspelling was dus reg dat hulle die jaar vroeg hulle verskyning sal maak. Maar die werklike aksie is nog om die draai!

Daar sal baie mense wees wat dit as doodnatuurlik ervaar dat die end van die jaar maar hulle tyd is en geen verdere aandag daaraan sal spandeer nie. Maar dink so bietjie  --  waarom juis die end van die jaar? Wat maak so ‘n verskynsel so ‘n jaarlikse gebeurtenis? Is dit maar hulle tyd? Ek het ook daaroor nagedink en probeer om ‘n antwoord daarvoor te vind. En wanneer jy die volgende verklaring lees sal jy dit seker as  “nou ja, dis mos logies, hoekom maak die man so ‘n groot storie daarvan?” as vanselfsprekend aanvaar.

So is my redenasie  --  die winter is verby, die somer is op ons, en dis die tyd vir die suidooswinde, en hierdie winde met die regte temperatuur veroorsaak die kleurwater. Dít weer is waarvoor die kabeljou wag en in hierdie water word hulle gehengel. Gaan kyk maar hoe lyk die see en die kans is goed dat dit kabeljouwater sal wees. En soos die dae aanstap, so verbeter toestande en so word ook meer vis gevang. Logies, nê! Wat my egter nog steeds dronkslaan is waar is die vis, of waarheen is hulle wanneer die water nog nie reg is nie? Ek kan nie glo dat hulle heeltemal gee pad nie. Die baie kleintjies wat nou gevang word is mos deur groter vis uitgebroei, en waar is hulle dan, intussen? Ek voorspel weer eens dat daar ‘n tydjie op ons wag dat nie net kabeljou nie, maar ook  ander visse gaan sorg dat ons ‘n goeie tyd op en langs die water gaan hê. Lekker by die see!

Opsomming NOVEMBER 1999-2013

1999. PW’s, 1 rooisteenbras, witstompies, hotties, kreef. *Ander bote vang geelbek.

2000. Baie geelbek. Kreef

2001 Geen rekord (Nov.)

 2002. Hotties, baie geelbek, roman.

2003. Geelbek, hotties, kreef. *Ander bote vang tjokka, roman.

2004. Roman, hotties, kabeljou, kreef, geelstert

2005. Kreef, hotties, roman, kabeljou.

2006. Hotties, kreef, snoek.

2007. Roman, hotties, klein kabeljou.

2008. Silwervis, hotties, roman, kabeljoutjies, elf.

2009. Baie hotties, geelbek, roman, haai. *Ander bote, tjokka, kreef.

2010. Geelbek, roman, PW’s (1 van 3,45 kg.), kreef, snoekies, 25 rooisteenbrasse (almal ondermaat).

2011. Hotties, roman, heelwat geelbek.  Kabeljou, haai.

2012. Hotties, snoek, geelbek, kabeljou, roman.

2013. Roman, silwervis, hotties.

Groete, Seemeeu

Amper tyd vir groot aksie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles