Skrif aan die muur

Skrif aan die muur

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisie op 11 Oktober 2014 was met die King of the Bay Boothengelkompetisie gekombineer. Die Birkenheaders was die gasheerklub en het ook die King of the Bay Wisseltrofee gewen. Terselfdertyd het die kompetisie ook as interne kompetisie vir die Birkenheaders gedien. Net drie van Birkenhead Boothengelklub se bote, met ‘n totale bemanning van 9 het ingeweeg, met een wat probleme op see opgedoen het en ‘n bydrae van slegs 1.8kg kon lewer. 5 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 51 met 'n totale massa van 74.32kg, wat ‘n gemiddeld van 8.26kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg:

swaarste vis, Lulof Doyer (Geelbek - 5.55kg);
2de swaarste vis, Johan Burmeister (Geelbek - 5.45kg);

swaarste sak, Lulof Doyer (4 spesies - 23.92 punte);
2de swaarste sak, Johan Burmeister (3 spesies - 20.46 punte);

swaarste bootgemiddeld, Nu-Nu van Johan Burmeister (5 spesies - 24.61 punte);
2de swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (2 spesies - 7.52 punte).

Dame swaarste sak, Dixie Walsh (2.40 punte).

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:

Bootkampioen - Nu-Nu van Johan Burmeister (72.69 punte);
Relêks 2 van Jean Downing (39.80 punte);
Laura 2 van Raymond Rabe (26.30 punte).

Mans Visvangkampioene -
Johan Burmeister (65.28 punte);
Jean Downing (39.62 punte);
Jean Downing (39.26 punte);

Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (17.26 punte).

Dus blyk die skrif aan die muur te wees vir die einde van die jaar se prysuitdelingsfunksie. Die klub se Algemene Jaarvergadering is vir Vrydag, 14 November 2014 bepaal en die Jaareindfunksie en prysuitdeling vir Saterdag, 15 November 2014.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634.

Hardus Botha

Skrif aan die muur

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles