Overberg Pelgrimstog baanbrekers

Overberg Pelgrimstog baanbrekers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nadat dr Frederick Marais van Communitas: Netwerk vir Gemeente-begeleiding op Stellenbosch, die Camino pelgrimstog van 780 km in Spanje gestap het, het die begeerte ontstaan vir 'n eie pelgrimstog in ons land. Communitas het dit toe moontlik gemaak dat drie van sy werkers en nog vyf stappers die roete kon begin.

Hulle is NG predikante, Frederick Marais, Pierre Marais en sy vrou, Mona, van Ceres, asook Peet en Adrienne Bester van Franschhoek. Adrienne is ook verbonde aan Communitas. Twee vriende van Ceres, Nollie en Mariet Lambrechts, was ook deel van die groep.

Alhoewel al die stappers gedeeltes van die roete gestap het, was Frederick al een wat die volle roete van 268 km oor 9 dae afgelê het. Die Pelgrims van Hoop het op 18 Oktober op die eerste been van die Overberg Pelgrimstog vanaf McGregor vertrek.

Die roete het in Mc Gregor begin, oor die Galgberg en dan na Greyton en Genadendal. Van daar  af het dit twee dae geneem om tot by Volmoed in die Hemel en Aarde vallei te stap  via Wolfkraal, Dassiesfontein en  Tussenbeide. Die roete strek deur plase  in die Caledon area. Vanaf Volmoed het die groep oor die berg na Hermanus gestap en daarna met die kuspaadjie tot by die lagoon. Daar kon hulle met laagwater deurstap en aanhou stap langs die plaat tot by De Kelders, waar hulle by die De Jonghs oornag het. Frederick was vroeër hul leraar in Somerset-Oos. Vandaar af het die roete deur Baardskeerdersbos  gegaan en toe tot by Elim.  Die laaste twee dae van die stap was tot by Agulhas en hul was geseën met nuwe kontakte langs die roete.

"‘n Mens sou kon vra hoekom nog ‘n staproete? Met die Pelgrimstap  stap mens deur klein dorpies en jy spandeer ook tyd in die natuur en waar moontlik in die klein dorpies se kerke. Met die rugsak wat jy heeltyd dra is jy bewus dat jy met liggaam, siel en gees met ‘n reis besig is , maar ook dat jy met jou eie Reis op aarde  besig is. ‘n Bewolkte of mistige dag kan maak dat jy meer na binne kyk en na al die uitdagings wat die lewe oor jou pad bring. “n Eenvoudige maaltyd langs die pad wat jy met ‘n skilpad en medestappers deel kan vir jou voel soos ‘n heilige stukkie nagmaal. Jy ontmoet ook vreemde engele langs die pad wat saam met jou ‘n maaltyd aan tafel deel en wat op die ou end daarvoor betaal.

Die Here laat leef elkeen van ons nou in Suid-Afrika. In ons land het mense stories van hoop en bemoediging nodig. Die Pelgrimstap was vir elkeen van die stappers ‘n storie van hoop, maar vir soveel van die mense langs die pad ‘n storie van bemoediging . Mag ons ons diverse land seën met die vestiging van die Pelgrimstap vir toekomstige generasies.

Sodra ons al die inligting bymekaar het, sal ons dit op ons webtuiste deel: www.communitas.co.za en dit sal beskikbaar wees vir enige iemand wat ook die Pelgrimstap wil doen.

Ons verneem graag of u belangstel om as medewerker/ vriend van die idee gelys te word. Pelgrims is afhanklik van die ondersteuning van die plaaslike gemeenskap van hulle kos, veiligheid, verblyf en geestelike ondersteuning. Indien u belangstel om pelgrims teen 'n billike tarief te huisves óf in een of meer van bogenoemde behoeftes te ondersteun, moet u asb 'n vorm wat by Gansbaai Courant beskikbaar is invul sodat ons in die toekoms kan kontak hou en voornemende Pelgrims u kan kontak," het Andrienne gesê.

Kontak kan ook direk met Andrienne Bester gemaak word by:

Communitas: Netwerk vir Gemeentebegeleiding,

Posbus 3322, Matieland, 7602. Telnr: 021-808 3382,

Faks: 0864029509,

Epos: bestera@sun.ac.za of www.communitas.co.za

Francois de Jongh

Overberg Pelgrimstog baanbrekers

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles