Overberg Pelgrimstog baanbrekers

Overberg Pelgrimstog baanbrekers

Gansbaai Courant

Nadat dr Frederick Marais van Communitas: Netwerk vir Gemeente-begeleiding op Stellenbosch, die Camino pelgrimstog van 780 km in Spanje gestap het, het die begeerte ontstaan vir 'n eie pelgrimstog in ons land. Communitas het dit toe moontlik gemaak dat drie van sy werkers en nog vyf stappers die roete kon begin.

Hulle is NG predikante, Frederick Marais, Pierre Marais en sy vrou, Mona, van Ceres, asook Peet en Adrienne Bester van Franschhoek. Adrienne is ook verbonde aan Communitas. Twee vriende van Ceres, Nollie en Mariet Lambrechts, was ook deel van die groep.

Alhoewel al die stappers gedeeltes van die roete gestap het, was Frederick al een wat die volle roete van 268 km oor 9 dae afgelê het. Die Pelgrims van Hoop het op 18 Oktober op die eerste been van die Overberg Pelgrimstog vanaf McGregor vertrek.

Die roete het in Mc Gregor begin, oor die Galgberg en dan na Greyton en Genadendal. Van daar  af het dit twee dae geneem om tot by Volmoed in die Hemel en Aarde vallei te stap  via Wolfkraal, Dassiesfontein en  Tussenbeide. Die roete strek deur plase  in die Caledon area. Vanaf Volmoed het die groep oor die berg na Hermanus gestap en daarna met die kuspaadjie tot by die lagoon. Daar kon hulle met laagwater deurstap en aanhou stap langs die plaat tot by De Kelders, waar hulle by die De Jonghs oornag het. Frederick was vroeër hul leraar in Somerset-Oos. Vandaar af het die roete deur Baardskeerdersbos  gegaan en toe tot by Elim.  Die laaste twee dae van die stap was tot by Agulhas en hul was geseën met nuwe kontakte langs die roete.

"‘n Mens sou kon vra hoekom nog ‘n staproete? Met die Pelgrimstap  stap mens deur klein dorpies en jy spandeer ook tyd in die natuur en waar moontlik in die klein dorpies se kerke. Met die rugsak wat jy heeltyd dra is jy bewus dat jy met liggaam, siel en gees met ‘n reis besig is , maar ook dat jy met jou eie Reis op aarde  besig is. ‘n Bewolkte of mistige dag kan maak dat jy meer na binne kyk en na al die uitdagings wat die lewe oor jou pad bring. “n Eenvoudige maaltyd langs die pad wat jy met ‘n skilpad en medestappers deel kan vir jou voel soos ‘n heilige stukkie nagmaal. Jy ontmoet ook vreemde engele langs die pad wat saam met jou ‘n maaltyd aan tafel deel en wat op die ou end daarvoor betaal.

Die Here laat leef elkeen van ons nou in Suid-Afrika. In ons land het mense stories van hoop en bemoediging nodig. Die Pelgrimstap was vir elkeen van die stappers ‘n storie van hoop, maar vir soveel van die mense langs die pad ‘n storie van bemoediging . Mag ons ons diverse land seën met die vestiging van die Pelgrimstap vir toekomstige generasies.

Sodra ons al die inligting bymekaar het, sal ons dit op ons webtuiste deel: www.communitas.co.za en dit sal beskikbaar wees vir enige iemand wat ook die Pelgrimstap wil doen.

Ons verneem graag of u belangstel om as medewerker/ vriend van die idee gelys te word. Pelgrims is afhanklik van die ondersteuning van die plaaslike gemeenskap van hulle kos, veiligheid, verblyf en geestelike ondersteuning. Indien u belangstel om pelgrims teen 'n billike tarief te huisves óf in een of meer van bogenoemde behoeftes te ondersteun, moet u asb 'n vorm wat by Gansbaai Courant beskikbaar is invul sodat ons in die toekoms kan kontak hou en voornemende Pelgrims u kan kontak," het Andrienne gesê.

Kontak kan ook direk met Andrienne Bester gemaak word by:

Communitas: Netwerk vir Gemeentebegeleiding,

Posbus 3322, Matieland, 7602. Telnr: 021-808 3382,

Faks: 0864029509,

Epos: bestera@sun.ac.za of www.communitas.co.za

Francois de Jongh

Overberg Pelgrimstog baanbrekers

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Mastering Life's Ups and Downs

Mastering Life's Ups and Downs

Life is an ongoing journey filled with both ups and downs. 

Airport and Bus Station Transfers

Airport and Bus Station Transfers

D&J Tours takes the stress out of travelling to-and-from Cape Town International Airport, and the various bus stations in the Overberg.

D&J Tours
Siemens smartFinish: Wrinkle-Free Clothes

Siemens smartFinish: Wrinkle-Free Clothes

Introducing Siemens Laundry’s smartFinish function - the perfect solution for improving your office attire.

S Herholdt
Andrew Murray-Prys 2024

Andrew Murray-Prys 2024

Twee boeke uit die stal van Naledi wen gesogte literêre pryse.

Gans-Berg Nuus / News
Rare Flora and Fauna at Grootbos Foundation

Rare Flora and Fauna at Grootbos Foundation

Check out this stunning shot from our Research Team, showcasing the majestic Skyscraper Heath (Erica fascicularis) blooming!

Grootbos Foundation
Drone Footage of Controlled Fire at Grootbos

Drone Footage of Controlled Fire at Grootbos

Watch this incredible drone footage of the controlled fire at Grootbos Private Nature Reserve, part of our fire safety plan.

Grootbos Foundation
See All Articles