In Memoriam Sylva van Zyl

In Memoriam Sylva van Zyl

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Susara Johanna Magdalena van Zyl, beter bekend as Tannie Sylva, is op 17 Oktober vanjaar in die ouderdom van 91 jaar oorlede.

Sylva was allerweë bekend in haar huis met die mooi tuin in De Kelders, waar sy tot en met ‘n hoë ouderdom nog self in die tuin gewerk het en motor bestuur het. Sowat 4 jaar gelede het sy (aanvanklik teen haar sin) by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes ingetrek, maar het vinnig aangepas. Sy was ‘n entoesiastiese deelnemer aan HaS se sportdae, speletjiesdae en ander aktiwiteite en het seker gemaak sy mis nooit ‘n funksie wat deur die Goue Hande aangebied is nie. Sy het getrou Vrydae na die Woekermark gestap vir ‘n teetjie en gesprekke met almal aangeknoop. Sy was ook sedert die stigting van die Gansbaai Seniorklub, of die “Sienerklub” soos sy dit genoem het, ‘n getroue en aktiewe lid. Sy was ook baie lief vir Gansbaai VLV, asook die Bietoubos Damesklub en Dinsdae was dit “Rummy” by Tannie Hanneleen.

Sylva is op 17 Junie 1923 in Swellendam gebore. Op 22 Maart 1947 is sy met wyle Willie in Worcester in die huwelik bevestig. Net een dogter, Rina, is uit die huwelik gebore. Rina is met Manie Maree getroud en die egpaar het twee kinders, Wilhelm (32) en Jeanne (27). Sylva het vir etlike jare by Willie Swart se winkel op Gansbaai gewerk en later ook by Worcester se Edgards, voordat sy weer na Gansbaai teruggekeer het. Hulle huis in De Kelders is aanvanklik as ‘n vakansiehuis gekoop terwyl die egpaar in Worcester gewoon het. “Mamma was ‘n liefdevolle moeder en ouma en haar kleinkinders was haar alles,” vertel Rina. “Sy het egter ‘n wil van haar eie gehad en kon maar moeilik wees wanneer nodig.” Rina sê wanneer Sylva aan ‘n hoed vir ‘n kompetisie kon werk, was sy in haar element. Sylva se roudiens was op 21 Oktober 2014 deur dr Bobo van Zyl vanuit die NG Kerk Gansbaai waargeneem.

Hardus Botha

In Memoriam Sylva van Zyl

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles