Leesgierigheid aangemoedig

Leesgierigheid aangemoedig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Biblioteek het weer eens ‘n daadwerklike poging aangewend om kinders leesbewus te maak. As ‘n Leesprojek is goed-ontwerpte en verstaanbare vorms aan kinders uitgedeel. Daarin is gevra wat is hulle voorkeure van boeke wat hulle graag wil lees en wat is hulle oogmerke. Vyf van die vorms is terug ontvang - elk met minstens 10 boeke met die skrywers se name en in die kinders se handskrif. “Die doel van hierdie projek was maar net weer eens om kinders aan te moedig om meer gereeld te lees en die biblioteek te besoek,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris. Die 5 leesgierige jongelinge (alfabeties) is: Carry-Ann Visagie (Gr 6), Faith Adams (Gr 5), Lukhanyo Mtiki (Gr 4), Mikayla Herselman (Gr 2) en Nicole Schutte (Gr 1). Elkeen het ‘n pragtige “Sertifikaat vir Lees” ontvang, asook ‘n geskenk-pakkie met ‘n leesboekie, skryfbenodigdhede en ietsie om te eet. 

Kennis moet geneem word dat Gansbaai Biblioteek op Vrydag, 14 November 2014 en Donderdag, 27 November 2014 gesluit sal wees. Dit is as gevolg van boekewa-besoeke deur die Wes-Kaapse Biblioteekdiens. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief as gevolg van hierdie reëlings,” sê Sharman. “Boetes sal nie gehef word vir die geslote dae nie.” Indien lede se boeke gestempel is vir die betrokke dae, sal die datum met een dag aangeskuif word en indien hulle nie betyds by die biblioteek kan uitkom nie, kan die biblioteek telefonies gekontak word.  

Gansbaai Biblioteek se gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.

Hardus Botha

Leesgierigheid aangemoedig

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles