n Christen se lewe is vol blydskap

n Christen se lewe is vol blydskap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees.” Spr.15:15 

“Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.”  1Pet 1:8 

Daar is ’n baie ou Christelike legende wat vertel hoedat Satan wat uit die hemel gegooi is oor sy opstandigheid teenoor GOD op ’n dag een van GOD se “goeie” engele ontmoet het. Hulle het lank gesels en net voordat hulle uitmekaargaan vra die engel vir Satan wat hy die meeste mis vandat hy uit die hemel weg is. Met ’n hartseer uitdrukking het Satan geantwoord: “Ek mis die meeste van alles die blydskap en die vreugde en die lofgesange in die hemel. Ek mis die aansteeklike gelag en die vreugde van die hemelinge, van die môre vroeg tot laat saans!”

Ek mis dit ook, en jy? Om saam met mede-christene vreugde en blydskap die hele dag te ervaar! Om tot laat lofgesange te sing tot eer van die HERE! Dit is presies wat nie in ons lewe van dag tot dag gebeur nie! Wat nog te praat van hoe ons elke Sondag in die eredienste sit – sonder ware blydskap en vreugde! (Erediens beteken dan juis dat ons tot eer van die HERE ’n diens hou!) Geen wonder die Bybel sê dat blydskap en gejuig het uit die huis van die HERE verdwyn, nie! (Joël 1:16)

Miskien moet ek en jy, ja, elke Christen ’n slag gaan stilstaan en vir homself afvra: “Wat het my lewensvreugde gesteel?” Hoekom lyk Christene oor die algemeen só bedruk en gestres? Wat dink jy sal ’n ongelowige dink as hy sien hoe ek kla en mor oor alles en nog wat? Sal iemand by my erediens instap en ervaar: Hier word die HERE met blydskap gedien en geprys?

Maar as ons elke dag na die nuus op die TV kyk en die morbiede artikels in die koerante lees oor wat in die land en die wêreld gebeur, is dit ook geen wonder dat dit altyd sleg gaan met die bedrukte mens nie. Dalk moet ons ‘n bietjie meer die Bybel en Sy Blye Boodskap lees as die negatiewe van die TV en die koerante. (Spr. 15:15) Dan kan ek en jy  saam met Petrus getuig oor die onuitspreeklike  en heerlike blydskap wat ons alreeds ervaar omdat ons aan Jesus, ons Verlosser behoort. Dink net hoe kan die wêreld om ons verander en ’n nuwe plek word as ek jy begin om met blydskap te lewe!

En waar begin blydskap? In die HERE! (Fil. 4:4)

n Christen se lewe is vol blydskap

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles