n Christen se lewe is vol blydskap

n Christen se lewe is vol blydskap

Gansbaai Courant

 “Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees.” Spr.15:15 

“Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.”  1Pet 1:8 

Daar is ’n baie ou Christelike legende wat vertel hoedat Satan wat uit die hemel gegooi is oor sy opstandigheid teenoor GOD op ’n dag een van GOD se “goeie” engele ontmoet het. Hulle het lank gesels en net voordat hulle uitmekaargaan vra die engel vir Satan wat hy die meeste mis vandat hy uit die hemel weg is. Met ’n hartseer uitdrukking het Satan geantwoord: “Ek mis die meeste van alles die blydskap en die vreugde en die lofgesange in die hemel. Ek mis die aansteeklike gelag en die vreugde van die hemelinge, van die môre vroeg tot laat saans!”

Ek mis dit ook, en jy? Om saam met mede-christene vreugde en blydskap die hele dag te ervaar! Om tot laat lofgesange te sing tot eer van die HERE! Dit is presies wat nie in ons lewe van dag tot dag gebeur nie! Wat nog te praat van hoe ons elke Sondag in die eredienste sit – sonder ware blydskap en vreugde! (Erediens beteken dan juis dat ons tot eer van die HERE ’n diens hou!) Geen wonder die Bybel sê dat blydskap en gejuig het uit die huis van die HERE verdwyn, nie! (Joël 1:16)

Miskien moet ek en jy, ja, elke Christen ’n slag gaan stilstaan en vir homself afvra: “Wat het my lewensvreugde gesteel?” Hoekom lyk Christene oor die algemeen só bedruk en gestres? Wat dink jy sal ’n ongelowige dink as hy sien hoe ek kla en mor oor alles en nog wat? Sal iemand by my erediens instap en ervaar: Hier word die HERE met blydskap gedien en geprys?

Maar as ons elke dag na die nuus op die TV kyk en die morbiede artikels in die koerante lees oor wat in die land en die wêreld gebeur, is dit ook geen wonder dat dit altyd sleg gaan met die bedrukte mens nie. Dalk moet ons ‘n bietjie meer die Bybel en Sy Blye Boodskap lees as die negatiewe van die TV en die koerante. (Spr. 15:15) Dan kan ek en jy  saam met Petrus getuig oor die onuitspreeklike  en heerlike blydskap wat ons alreeds ervaar omdat ons aan Jesus, ons Verlosser behoort. Dink net hoe kan die wêreld om ons verander en ’n nuwe plek word as ek jy begin om met blydskap te lewe!

En waar begin blydskap? In die HERE! (Fil. 4:4)

n Christen se lewe is vol blydskap

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles