Mamma Mia in Stanford

Mamma Mia in Stanford

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Soos belowe tydens Laerskool Okkie Smuts se prysuitdelingsaand van 2013, het ons vanjaar ‘n ‘musical’ aangepak, en was dít nou vir jou groot pret gewees,” vertel Felicity Beukes van Laerskool Okkie Smuts.

“Na maande se ‘blood, sweat and tears’ was dit uiteindelik tyd om ons eie Mamma Mia op die planke te kry.” Sy sê die opgewondenheid, maar ook die bang wees, was groot aangesien daar op die Donderdagaand buite die gordyne ‘n saal vol mense gesit en wag het. Tydens die Gala-aand op die Vrydagaand was die saal nie so vol nie, maar die gaste het vir ‘n drie-gang maaltyd by pragtige versierde tafels aangesit. Wat die opvoering des te meer besonders gemaak het, is dat alle leerders, met die uitsondering van 6 nuwe leerders, aan die musiekblyspel deelgeneem het.  

Die hoofkarakters is deur die Gr 7’s vertolk, aangesien dit hulle laaste jaar is in die laerskool is. Die res van die leerders is almal in klasse opgedeel wat met elke liedjie die verhoog laat lewe het, ingesluit danspassies, draaie en swaaie.

“Baie dankie aan die ouers en gemeenskap wat die skool so wonderlik ondersteun het,” sê Felicity. “Ons het sowat R15,100 wins gemaak en elke leerder verdien ‘n groot applous vir sy/haar deelname - julle was ware sterre!”

Hardus Botha

Mamma Mia in Stanford

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles