Laerskool Okkie Smuts is sommer baie trots op hul Gr 2 leerder, Abigail Barkhuizen se puik prestasies in die WOW Spelfees.
Tydens die Spelfees vir skole in direkte omgewing het sy ‘n 1ste plek verower. Daarna het Abigail tydens die Kringkompetisie in Julie ‘n 2de plek behaal, met weer eens ‘n 1ste plek tydens die Distrikskompetisie in Augustus. Op 6 en 13 September in die Provinsiale Kampioenskappe het sy ‘n 3de plek behaal en op 18 Oktober in die Nasionale Kampioenskappe te Stellenbosch het sy ‘n 2 de plek behaal.
“Hierdie slimkop is Laerskool Okkie Smuts se Spelsterretjie,” sê Amelia de Villiers, Finansiële Sekretaresse van die skool.
Hardus Botha